Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Entrepreneurship potentially offers to make a contribution to some of South Africa's most
crucial problems for instance poverty and an extremely high youth unemployment rate.
Furthermore it empowers people not to wait for others or external factors to change their
destiny, but to become pro-active. Literature indicates that there is internationally a
renewed interest in entrepreneurship (as demonstrated in research and the number of
tertiary institutions offering entrepreneurship education), with a resulting sophisticated
body of knowledge becoming available.
In South Africa limited success was reported on the renewed emphasis on
entrepreneurship. Although the proportion of entrepreneurs in the country compares
favourably to international figures, the proportion of necessity entrepreneurs (people who
start businesses as a result of the absence of other options) is considerably lower than that
of other developing countries and the success rate of businesses is below the international
average. Entrepreneurs often do not have the business skills needed to identify business
opportunities and manage a business. In the development of business attitudes,
knowledge and skills formal education received extensive attention, but informal
education may play a more important role to build positive attitudes, while practical
experience is also essential to skills development.
The economic future of South Africa will be closely linked to the emerging generation of
entrepreneurs. The research indicated that they are willing to take on the challenges, but
need help with developing the necessary knowledge and skills. Special measures should
be taken to include people from previously disadvantaged population groups, women and
rural areas in skills development programmes. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Entrepreneurskap kan 'n beduidende bydrae lewer om ernstige probleme in die Suid-
Afrikaanse samelewing soos armoede en die hoë werkloosheidsyfer onder die jeug te
help verbeter. Dit kan ook help om mense te motiveer om self iets aan hulle situasie te
probeer doen. Die literatuurstudie het getoon dat daar 'n internasionale golf van
belangstelling in entrepreneurskap is. Meer en meer bestuurskole sluit dit in by die
vakke wat hulle aanbied en daar is 'n sterk toename in navorsing oor entrepeneurskap.
Suid-Afrika is deel van hierdie nuwe golf, maar het nog heelwat uitdagings op hierdie
gebied. Die persentasie plaaslike entrepreneurs vergelyk goed met internasionale syfers,
maar die aantal mense wat deur nood gedwing word om hulle tot entrepeneurskap te
wend, is laer as die gemiddelde persentasie van ontwikkelende lande waarvan die
statistiek bekend is. Dit wil ook voorkom asof die persentasie van besighede wat nie in
die langtermyn suksesvol is nie, hoër is as die internasionale syfer. 'n Groot persentasie
van die sakelui beskik nie oor die vaardighede om sake-geleenthede raak te sien en
besighede te bestuur nie. Opleidingsgeleenthede moet nie net fokus op formele opleiding
nie, maar moet informele opleiding en geleenthede vir praktiese ervaring insluit.
Op ekonomiese gebied gaan die nuwe geslag entrepreneurs 'n beduidende rol speel in
Suid-Afrika se toekoms. Die onderhewige navorsing het getoon dat hierdie groep mense
gretig is om hierdie uitdagings te aanvaar, maar hulp nodig het om hulle daarvoor toe te
rus. Dit is van wesenlike belang dat alle groepe ingesluit moet word in hierdie
toerusting, veral groepe wat op die oomblik nog gemarginaliseerd is soos bruin en swart
bevolkingsgroepe, vroue en mense van plattelandse gebiede.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52825 |
Date | 03 1900 |
Creators | Burger, Lydia Lynnette |
Contributors | O'Neill, R. C., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. Graduate School of Business. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 204 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0021 seconds