Text in Afrikaans / In hierdie verhandeling word gepoog om teen die agtergrond van multikulturele skoolsituasies in Suid-Afrika 'n oorsig van die problematiek random kommunikasievaardighede te gee. Algemene intra- en interpersoonlike kommunikasievaardighede word uitgelig.
In aansluiting by 'n literatuurondersoek is kwalitatiewe data deur middel van onderhoude met skoolhoofde en onderwysers wat by multikulturele skoolsituasies betrokke is, ingesamel.
Die wyse waarop mense met mekaar praat is deurslaggewend.
Kommunikasieprobleme kan ontstaan wanneer kultuurgroepe met mekaar kommunikeer.
Die hantering van misverstande en konflik in multikulturele skoolsituasies is belangrik. Onderwysbestuurders moet verskeie kommunikasievaardighede tydens 'n konfliksituasie aanwend. Die doeltreffende funksionering van 'n skool word grootliks medebepaal deur effektiewe kommunikasievaardighede wat toegepas word om verhoudinge
tussen verskillende groepe te verbeter. Onderwysbestuurders behoort
opgelei te word om effektief met alle betrokkenes in 'n konfliksituasie te kommunikeer. / This paper endeavours to give a review of the problematic nature of communication skills against the background of multicultural school situations in South Africa.
General intra and interpersonal communication skills are highlighted.
Further to the literature review, qualitative data has been gathered through interviews with a number of principals and teachers who are involved in multicultural school situations.
The manner in which people speak to each other is important. Communication problems can occur when culture groups communicate. The management of misunderstandings and conflict is important in multicultural school situations. Education managers must utilise several communication skills during a conflict situation. The successful functioning of a school is essentially co-determined by the employment of
effective communication skills to improve relationships between different groups.
Education managers should be trained to communicate effectively with all persons involved in a conflict situation. / Educational Leadership and Management / M. Ed. (Onderwysbestuur)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17828 |
Date | 06 1900 |
Creators | Völker, Anna Louise |
Contributors | Van der Linde, C. H., Van Schalkwyk, O. J. (Ockert Johannes) |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (137 leaves) |
Page generated in 0.0028 seconds