Return to search

Die etiese en normatiewe degenerasie van Suid Afrikaanse bestuurders

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001 / ENGLISH ABSTRACT: This study looked at the ethical and normative degeneration of the South African managers.
A wide variety of factors word researched and several were found to impact the manager in
this process of degeneration.
The impact of the personal qualities of the individual were studied and also the impact of
different management styles. Different leadership styles were described and the impact on the
ethical management was researched. The organisational culture and the effect of the
experience of the work environment were studied.
Environment factors like the influence of the church, different ethical frameworks and the
effect of capitalism and materialism were applied to the ethical and normative management
process. The dichotomy and schizophrenic between the theory and the policies of normative
management and the practices and operational management were postulated.
A future perspective was defined and the principles of the process of change in organisations
for the current timeframe were formulated.
A very definitive shift were found in organisations to a paradigm were the focus is placed on
relationships and integrity in these relationships. These relationships include all the different
levels of relationships. It includes inter- and intra relationships of the manager. It includes
the core relationship between the organisation and its employees. It also includes the
relationship between the organisation and the society and the ecology. There is a shift away from success driven careers to a total life of significance. Within this
lifestyle the focus are on balance between the working environment, personal life and family
life.
The leaders that succeed in making these changes in their personal lives and also their
organisations are the truly visionary leaders.
There are however a pattern of destructive ethical and normative degeneration amongst and
especially South African managers present. This pattern is to the detriment of the
organisations where these managers currently work. Managers and leaders in South Africa
show an increasing lack of vision and motivation.
The organisations that don't make the necessary changes and develop strategies and
intervention processes will lose their leadership and managers to organisations that realised
this vision.
There are so many factors playing a role in this process, that a simplistic program for
intervention will be unsuccessful. To successfully manage this intervention process in an
organisation, the facilitator or change agent will need a proper insight into the different
processes and will need process facilitation skills. Very few managers however got the ability
or skills for this process. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie is gekyk na die etiese en normatiewe degenerasie van die Suid Afrikaanse
bestuurder. 'n Verskeidenheid van faktore is gevind wat die bestuurder impakteer in hierdie
proses. Daar is gekyk na die individu as persoon, as bestuurder met die impak van
verskillende bestuurstyle, die impak van leierskap en leierskapstyle. Die impak van die
organisasie kultuur, asook die belewing van die werksmilieu is ondersoek.
Omgewingsfaktore soos die invloed van die kerk, verskillende etiese raamwerke en ook die
effek van kapitalisme en materialisme is gestel teen die agtergrond van etiese en normatiewe
bestuur. Die digotomie en skisofrenie tussen die teorie en beleid van normatiewe bestuur is
gestel teenoor die operasionele bestuur en belewing van die praktyk.
'n Toekoms perspektief is ook gepostuleer en die tendense van verandering wat vandag in
organisasie ontwikkel moet word, is geformuleer.
Daar is 'n definitiewe verskuiwing in die besigheidswêreld na organisasies wat meer gefokus
is op verhoudings en integriteit in hierdie verhoudings. Hierdie verhoudings omsluit al die
verskillende vlakke van verhoudings. Dit sluit die intra- en inter persoonlike verhoudings van
die bestuurder in. Dit sluit die verhouding tussen die organisasie en die werknemers in. Ook
dié tussen die organisasie en die samelewing, sowel as met die ekologie, in.
Daar is ook 'n verskuiwing wat plaasvind weg van sukses gedrewe loopbane na 'n totale
lewenswyse wat sentreer rondom betekenis. Binne hierdie lewenswyse val die klem op sin en
betekenis en moet daar 'n balans tussen die werk en die persoonlike en gesinslewe van die
persoon wees. Dit is ook duidelik dat leiers wat hierdie skuiwe in hulle eie persoonlike lewens en in hul
organisasies maak, werklike visionêre leiers is.
Daar is ook onder die meerderheid van bestuurders (veral in Suid Afrika) 'n destruktiewe
patroon van etiese en normatiewe degenerasie teenwoordig, wat tot groot nadeel van hul
organisasies gaan strek. Daar is toenemend 'n gebrek aan visie en dus ook motivering.
Organisasies wat nie doelbewuste strategieë en intervensies in plek gaan stel om hierdie
verskuiwinge te bewerkstellig nie, gaan hul leierskap afstaan aan organisasies wat hierdie
verskuiwinge gemaak het.
Uit die studie blyk dit ook duidelik dat daar so 'n wye veld van faktore is wat 'n rol speel in
hierdie proses, dat dit moeilik is om 'n simplistiese program van intervensies te formuleer.
Om hierdie organisasie veranderinge suksesvol te bestuur, is begrip van die prosesse
betrokke en proses fasilitering vaardighede nodig. Min bestuurders het egter hierdie insig en
vaardighede.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52197
Date12 1900
CreatorsPretorius, Mathys Andries
ContributorsDenton, M., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format95 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0028 seconds