Return to search

Die verband tussen nikotien-inname, kortikale geaktiveerdheid en ekstraversie by rokers

Thesis (PhD)- Stellenbosch University, 1987. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Groep ligte rokers en 'n groep strawwe rokers is met mekaar vergelyk ten
opsigte van die effek van nikotien-inname op kortikale geaktieerdheid in 'n
spanningsituasie en in 'n ontspanningsituasie, beide sander deprivasie van
nikotien en nadat hulle daarvan gedepriveer is. Die groepe is ook met hulle
onderskeie kontrolegroepe ( geen nikotien-inname tydens die eksperimentele sessie) ten opsigte van kortikale geaktiveerdheid vergelyk. Voorts is daar
bepaal of daar 'n verband tussen ekstraversie, neurotisisme, kartikale geaktiveerdheid
en getal sigarette gerook by die verskillende groepe rokers
bestaan het. Resultate het daarop gedui dat ligte rokers deur 'n lae mate
van kortikale geaktiveerdheid en strawwe rokers deur 'n hoe mate van kortikale
geaktiveerdheid gekenmerk word en dat ligte rokers waarskynlik vir die
stimulerende effek van nikotien rook. Geen beduidende stimulering was by
die strawwe rokers te bespeur nie. Daar is 'n beduidende positiewe verband
tussen getal sigarette per dag gerook en ekstraversie by die strawwe rokers
wat minder as dertig sigarette per dag gerook het gevind.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/65688
Date03 1900
CreatorsSwart, David
ContributorsRoos, S. S., Le Roux, J. A., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Psychology .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format349 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0016 seconds