Return to search

Family routines during the adjustment and adaptation process of the transition to parenthood

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: The family life cycle perspective (McGoldrick & Carter, 2003) recognises that one normative
life stressor for families is the transition to parenthood. Still, the Resiliency Model of Family
Stress, Adjustment and Adaptation (McCubbin & McCubbin, 1996) holds that one protective
resource that could help the family in the face of a stressor is family routines. Even though
the Ecological-cultural Niche Model (Gallimore, Goldenberg & Weisner, 1993) gives us
some understanding of the family routine as a psychological construct, many gaps exist in the
literature. The aim of this qualitative grounded theory study was to better understand family
routines as a resilience resource during the transition to parenthood. This aim was broken
down into five research questions: (1) What do daily routines look like in the lives of firsttime
parents? (2) Why are these family routines important to first-time parents? (3) What
challenges do first-time parents face in sustaining their daily routines? (4) What assists firsttime
parents in maintaining their daily routines? (5) What accommodations do first-time
parents make to adapt to the arrival of their first child? In terms of methodology, ten
Coloured couples whose first child was between one and four years of age and who resided in
one northern suburb of Cape Town took part in semi-structured interviews. In terms of
research question one, the data analysis revealed that family routines look like a sequence of
unfolding activities and that this sequence is situated within a temporal structure; that the
specific sequence and temporal structure are designed by the family to be functional; but that
there also is temporal incongruence in the sequence of routines. Related to question two, the
participants felt that their routines were important because a family routine is an opportunity
to spend time together, and it is an opportunity for improving child development. For
question three, the data analysis revealed that the challenges first-time parents face in
sustaining their routines are extra-familial and intra-familial barriers that increase the task and
temporal complexity of routines. The analysis of question four revealed that what assists parents in maintaining routines are extra-familial and intra-familial resources that decrease
the task and temporal complexity of routines. Lastly, themes related to research question five
showed that the accommodations that parents make in routines that help them adapt are
temporal accommodations and idiosyncratic accommodations. In future, researchers and
theorists should not only investigate an individual family routine in isolation (e.g. just
dinnertime or just bedtime), but also look at the structure of the entire daily schedule, the
scheduling process, and how the functionality of this daily schedule affects the experience of
individual routines. Greater emphasis should also be placed on diverse samples from many
ecological and cultural contexts in order to identify more extra-familial and intra-familial
barriers and resources that affect the maintenance of a satisfying daily schedule. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die gesinslewensiklusraamwerk (McGoldrick & Carter, 2003) beklemtoon dat een
normatiewe lewenstressor vir gesinne die oorgang na ouerskap is. Tog dui die Resiliency
Model of Family Stress, Adjustment and Adaptation (McCubbin & McCubbin, 1996) aan dat
gesinsroetines een bron van beskerming is wat die gesin tydens ’n groot lewensstressor kan
help. Al bied die Ekologies-kulturele Nismodel (Gallimore, Goldenberg & Weisner, 1993)
ons ’n sekere mate van begrip van gesinsroetine as ‘n sielkundige konstruk, is daar steeds
leemtes in die literatuur. Die doel van hierdie kwalitatiewe gegronde-teorie navorsing was om
beter begrip te ontwikkel van gesinsroetines as ’n veerkragtigheidsfaktor tydens die oorgang
na ouerskap. Hierdie doel is in vyf navorsingsvrae verdeel: (1) Hoe lyk daaglikse
gesinsroetines in die lewens van nuwe ouers? (2) Hoekom is hierdie gesinsroetines belangrik
vir nuwe ouers? (3) Watter uitdagings staar nuwe ouers in die gesig wanneer hulle daaglikse
roetines probeer volhou? (4) Wat help nuwe ouers om met hul daaglikse roetines vol te hou?
en (5) Watter akkommodasies maak nuwe ouers om aan te pas by die koms van hul eerste
kind? Wat metodologie betref het tien bruin ouerpare wat se eerste kind tussen die ouderdom
van een en vier jaar was en wat in ’n noordelike voorstad van Kaapstad woon aan semigestruktureerde
onderhoude deelgeneem. Wat die eerste navorsingsvraag betref, het die dataontleding
onthul dat gesinsroetines ’n reeks opeenvolgende aktiwiteite is wat een na die ander
ontvou. Hierdie reeks van roetines is geleë binne ’n tydsraamwerk; dit word deur die gesin
ontwerp om funksioneel te wees; maar daar bestaan ook tyd-inkongruensies in die reeks
roetines. In verband met vraag twee het die deelnemers gevoel roetines is belangrik omdat dit
hulle die geleentheid bied om tyd saam deur te bring en dit verskaf ook ’n geleentheid om die
ontwikkeling van die kind te bevorder. Op grond van die derde navorsingsvraag het die dataontleding
getoon dat die uitdagings wat nuwe ouers in die gesig staar wanneer hulle probeer
om hulle gesinsroetines te volhou, buite-gesins en binne-gesins hindernisse is wat take bemoeilik en tyd-kompleksiteit verhoog. Ontledings na aanleiding van vraag vier het getoon
dat dit buite-gesins en binne-gesins bronne is wat help om take makliker te maak en tydskompleksiteid
te verminder sodat nuwe ouers met roetines kan volhou. Laastens, temas wat
na vore gekom het na aanleiding van die vyfde navorsingsvraag toon dat dit tyd- en
idiosinkratiese akkommodasies is wat ouers help om aan te pas. In die toekoms moet
navorsers en teoretici nie net ‘n individuele gesinsroetine in isolasie bestudeer nie (bv. net ’n
aandete-roetine of net ’n slapenstyd-roetine), maar ook kyk na die struktuur van die hele
daaglikse skedule, skeduleringsprosesse, en hoe die funksionaliteit van hierdie daaglikse
skedule die ervaring van individuele roetines beïnvloed. Meer klem moet ook geplaas word
op steekproewe vanuit ekologies en kultureel diverse kontekste ten einde meer buite-gesins
en binne-gesins hindernisse en bronne wat die instandhouding van bevredigende skedules
beïnvloed, te identifiseer.
Kernwoorde: gesinsroetines, oorgang na ouerskap, gesinsveerkragtigheid, gesinslewenssiklus,
Ekologies-kulturele nis.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/19917
Date03 1900
CreatorsDe Goede, Christine
ContributorsGreeff, A. P., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format256 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds