Return to search

A methodology to evaluate the contribution of small-scale farms to the vision of regulating authorities

Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: South Africa's system of socio-economic development planning is complex and
ine ective. There are many regulatory authorities involved, often with unclear
responsibilities and inadequate procedures of implementing objectives.
Planning for development in South Africa needs to take various factors into
account. Economic growth is pursued, while social imbalances are addressed
and the environment is protected against unreasonable damage. The term
Sustainable Development is an important concept in the vision of many of
the regulating authorities, however, the implementation of sustainability is
di cult. This study considers an approach which aligns activities in a specifi ed region to the vision and objectives of the applicable regulatory authorities,
as an alternative to achieving objectives strictly through enforcing regulations.
This thesis developed an integrated evaluation model which can be used to
evaluate the alignment of a small-scale farm to the visions and objectives of
certain regulatory authorities. Four small-scale farms in the Letaba catchment
of the Limpopo Province were used as a case study to be evaluated
against national and regional development visions. On a national level the
National Development Plan (NDP), the National Framework for Sustainable
Development (NFSD), the Integrated Sustainable Rural Development Strategy
(ISRDS) and the principles of Water Allocation Reform (WAR) were regarded.
For regional categorisation, the relevant municipal Integrated Development
Plan (IDP), Spatial Development Framework (SDF), Local Economic
Development (LED) plan and the applicable Catchment Management Strategy (CMS) were considered.
The Letaba catchment area has speci c development constraints regarding
water. For this reason, the impact the four farms have on the water of the
region was evaluated in addition to their alignment with regional development
visions. The hydrological evaluations were performed through the use of the
Soil and Water Assessment Tool. Hereby it was determined whether objectives
of development planning were realistic in terms of water availability. It was
established that the location of a farm is a determining factor of the impact it
has on the catchment area's water supply.
The developed Integrated Evaluation Model combined all the visions and objectives
of the mentioned strategic documents to speci cally assess the contribution
a small-scale farm makes. The evaluation results provide insight into
the alignment of activities to the ideals of a region and can be useful when formulating
actions to reach a common vision. Small-scale farms are well-aligned
to the objectives of WAR, the CMS and ISRDS. The farms have a limited
contribution to the ideals of the NDP and NFSD and results against the IDP,
the SDF and the LED di er considerably for each farm. Furthermore, the
results of the farms' alignment with regional objectives do not correspond to
the hydrologically ideal locations. Therefore, the development of small-scale
farming should take hydrological information into consideration.
The Integrated Evaluation Model proves to be valuable, understandable and
applicable to evaluate the alignment of small-scale farms to the visions of
regulatory authorities. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika se sisteem van beplanning vir sosio-ekonomiese ontwikkeling is ingewikkeld
en one ektief. Daar is verskillende regulatoriese owerhede betrokke
wat maklik aanleiding gee tot onsekerheid ten opsigte van verantwoordelikhede
asook tot onvoldoende benaderings tot implementering. Om ontwikkeling in
Suid-Afrika suksesvol te laat geskied, moet verskeie faktore inaggeneem word.
Behalwe vir die strewe na ekonomiese groei, moet sosiale agterstande gelyktydig
aangespreek word en moet hierdie ontwikkeling van so 'n aard wees dat
die omgewing nie onnodige skade lei nie. Volhoubaarheid is 'n gemeenskaplike
ideaal van die meeste partye betrokke by die beplanning van Suid-Afrika
se ontwikkeling. Die implementering van hierdie oogmerk is egter onduidelik.
Hierdie studie oorweeg 'n benadering wat alle handelinge in 'n bepaalde gebied
in ooreenstemming bring met die visie en doelwitte van die toepaslike regulatoriese
owerhede. Hierdie benadering word as 'n alternatief gestel teenoor 'n
benadering om doelwitte slegs deur regulasies te bereik.
Hierdie tesis het 'n Geïntegreerde Evalueringsmodel ontwikkel wat die mate
waartoe 'n klein plaas 'n bydrae maak tot die visie en doelwitte van regulatoriese
owerhede meet. Vier kleinskaalse boerderye in die Letaba Opvangsgebied
in Limpopo was ondersoek as 'n gevallestudie. Hierdie plase is geëvalueer teen
nasionale- en streeksontwikkelingsvisies. Op 'n nasionale vlak is die Nasionale
Ontwikkelings Plan (NOP), die Nasionale Raamwerk vir Volhoubare Ontwikkeling
(NRVO), die Geïntegreerde Volhoubare Landelike Ontwikkelings Strategie (GVLOS) en die waardes van die Water Toekenning Hervorming (WTH)
beskou. Ten opsigte van streeksontwikkeling, is die betrokke munisipale Geïntegreerde Ontwikkelings Plan (GOP), die Ruimtelike Ontwikkelings Raamwerk
(ROR), Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling (PEO) plan en die gepaste
Opvangsgebied Bestuurs Plan (OBP) inaggeneem.
Water is 'n beperkende faktor tot ontwikkeling in die Letaba opvangsgebied.
Omrede, word die vier plase se impak op die watertoestand van die gebied
bepaal, sowel as die bydrae tot die visie van die regulatoriese owerhede. 'n
Opstelling van die studie-area is gemaak met die Soil and Water Assessment
Tool ten einde hidrologiese a eidings te maak. Hierdeur is bepaal of die visies
en doelwitte soos gestel deur die beplanningsdokumente vir ontwikkeling, realisties
is ten opsigte van die waterbeskikbaarheid. Die studie het bevestig dat
die ligging van 'n plaas 'n bepalende faktor is tot die plaas se uitwerking op
die gebied se water.
Die ontwikkelde Geïntegreerde Evalueringsmodel kombineer die visies en doelwitte
van die bogenoemde strategiese dokumente om die bydrae van 'n klein
plaas te meet. Die evalueringsresultate verskaf insigte rondom die ooreenstemming
van plase teenoor die visie van 'n streek en kan nuttig gepas kom
wanneer spesi eke aksies beplan word om 'n gemeenskaplike doelwit te bereik.
Kleinskaalse boerdery is in lyn met die doelwitte soos bepaal deur die OBP,
GVLOS en WTH. Die bydrae wat die plase ten opsigte van die NOP en NRVO
se ideale maak is egter beperk. Verder verskil die resultate grootliks vir elke
plaas ten opsigte van die bydrae gelewer tot die visies van die GOP, ROR en
PEO. Gewensde resultate ten opsigte van bydrae tot ontwikkelingsvisies het
nie ooreengestem met die liggings wat aanbeveel is deur die hidrologiese studie
nie. Dus moet hidrologiese inligting inaggeneem word tydens besluitneming
vir die ontwikkeling van kleinskaalse boerdery.
Die Geïntegreerde Evalueringsmodel bied waarde, is toeganklik en is toepaslik
om kleinskaalse boerdery te meet tenoor die visies van regulatoriese owerhede.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/86416
Date04 1900
CreatorsVan Breda, Phelia
ContributorsVlok, P. J., De Clercq, W. P., Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Industrial Engineering.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxv, 140 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0029 seconds