Return to search

Cognitive and social apprenticeship in the induction of novice teachers.

M.Ed. / Suid-Afrika benodig meer onderwysers as wat tans voortgebring word. Dit is onwaarskynlik dat die voorsieningsvlakke in die afsienbare toekoms sal styg. Om hierdie rede is dit belangrik dat onderwysers wat tans in diens van die professie staan, behou word. Volgens studies blyk dit dat nuweling-onderwysers ‘n baie kwesbare sektor vorm. ‘n Hoë persentasie nuwe leerkragte verlaat die beroep kort na indienstrede. Hiérdie studie beoog om te toon dat hierdie uitwyking uit die onderwysberoep waarskynlik gedeeltelik toegeskryf kan word aan die versuim by baie skole om nuweling-onderwysers van ‘n goed beplande en toepaslike inleidingsprogram te voorsien. Die analise-eenheid van hierdie studie was dan om meer te wete te kom oor die aanvanklike ervarings van nuweling-onderwysers na aanvaarding van ʼn permanente onderwysbetrekking. Hierdie kwalitatiewe navorsingsverslag is in die ‘Interpretivist’ teoretiese raamwerk gefundeer. Sodoende word veelvoudige werklikhede aanvaar as synde epistemologies aanvaarbaar. Verkryging van kennis geskied beredeneerd en behels meer as bloot eenvoudige denotiewe betekenis. Dataversamelingsmetodes vloei logies uit ‘n redevoeringsanalise-ontwerp en sluit onderhoude en tydperke van aktiewe waarneming in skole in. Data is geanaliseer vir herhalende betekenispatrone wat dan in die lig van ‘n oorsig in literatuur beskou is. Aktiwiteitsteorië is gebruik om die ondervindings van nuweling-onderwysers as deelnemers in ‘n aktiwiteitstelsel te oorweeg. Die belangrike rolle wat deur die III gemeenskap waarin die persoon haar bevind, asook die bestaande reëls van die sisteem, is in ag geneem. Die begrippe “oorlewing” en “ontdekking” dien as goeie beskrywings van jong onderwysers se aanvanklike ervarings. Onderwys word gesien as ‘n vakkundigeberoep waarin nuwe lede ‘n vorm van indiensppleiding moet deurloop ten einde te floreer. Daar word beweer dat bogenoemde in die meeste skole nie algemene praktyk is nie en dat baie leerkragte as gevolg daarvan vir die beroep verlore gaan. Heersende “tradisies” en “kulture” by opleidingsfasiliteite vir onderwysers en skole word as antagonisties ten opsigte van die ontwikkeling van ‘n loopbaan in die onderwys ervaar. Onderwysers word as ‘n heterogene groep beskou en daar word gevolglik voorgestel dat inleidingsprogramme op die besondere behoeftes van die individuele nuwelinge gerig word. Individuele verskille ten opsigte van kwalifikasievlakke asook geesdrif vir die beroep word in hierdie opsig as van besondere belang beskaf. Negatiwiteit, sinisme en apatie onder ervare praktiserende onderwysers word as nadelig vir die positiewe sosialisering van groentjies/nuwelinge gesien. Daar word verder beweer dat, ten einde genoegsaam goedgekwaliseerde en professioneel-toegewyde onderwysers te hê, daar opvoeders moet wees wat kan dien as rolmodelle wat jongmense wat hierdie loopbaan betree, kan inspireer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:8200
Date27 February 2009
CreatorsWhitelaw, Steven
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0022 seconds