Return to search

Die impak van publieke deelname op groot projekte : die beoogde Johannesburg-Pretoria sneltrein

Thesis (MS en S)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Public participation has already been a point of discussion from as early as 1960,
with Arnstein's presentation of eight levels of participation. Various advantages and
disadvantages have been published, but theorists agree that the advantages still
overshadow the disadvantages.
The United States have started much earlier than South Africa with the studies on
public participation. It has been realised that public participation forms an integral
part of the formal environmental impact assessment which succeeded the formal
legislation of 1996. It is generally accepted that public participation is inseparable
from the planning process.
The purpose of this paper is to investigate the impact of public participation on the
planning of the Gautrain project, which is the intended rapid rail link between
Johanesburg and Pretoria. It will be investigated whether the consult firm Bohlweki
Environmental, that has been appointed to implement the environmental impact
assessment of the Gautrain project, complied with the criteria to ensure public
participation, and whether the public process made a difference to the planning of the
project.
It has been apparent that Bohlweki Environmental used various methods of involving
the public - inter alia numerous public meetings that have been advertised in the
press and elsewhere. From the public inputs changes have been made to the route
of the train. These changes however, have made other people discontented.
The research concludes with the finding that the public participation process of the
environmental impact assessment had a positive influence on the planning of the
project, even though everyone, due to the extend and the nature of the project, could
not be satisfied, and that the study has been expensive and time consuming. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Publieke deelname was reeds 'n besprekingspunt van so vroeg as 1960 met Arnstein
se voorstelling van agt deelnemingsvlakke. Oor die jare van navorsing is verskeie
voordele en nadele van publieke deelname gepubliseer, maar teoretici is dit eens dat
die voordele steeds die nadele oorskadu.
In Suid-Afrika is daar veel later as in die Verenigde State studies oor publieke
deelname begin. Ook hier is daar uiteindelik besef dat publieke deelname 'n
onlosmaakbare deel van die formele omgewingsimpakstudie vorm en het die formele
wetgewing in 1996 gevolg. Vandag word algemeen aanvaar dat publieke deelname
en die beplanningsproses onafskeidbaar is.
Die doel van hierdie werkstuk is om die impak van publieke deelname op die
beplanning van die Gautrein projek te ondersoek - dit is die beoogde sneltrein
tussen Johannesburg en Pretoria. Die vraag is of die konsultant firma Bohlweki
Environmental, wat aangestel is om die omgewingsimpakstudie van die Gautreinprojek
te loods, voldoen het aan die kriteria om publieke deelname te verseker, en of
die publieke proses 'n verskil gemaak het aan die beplanning van die projek?
Uit die analise het dit geblyk dat Bohlweki Environmental van verskeie metodes
gebruik gemaak het om die publiek te betrek, onder andere talle publieke
vergaderings wat goed geadverteer is in die pers en elders. As gevolg van die groot
publieke inset is veranderinge aan die roete van die trein aangebring. Hierdie
veranderinge het egter weer ander mense ontevrede gemaak.
Die slotsom van die navorsing van hierdie werkstuk is dat die publieke deelname
proses van die omgewingsimpakstudie wel 'n betekenisvolle positiewe uitwerking op
die beplanning van die projek gehad het, alhoewel almal, uit die aard van die omvang
van die projek, nie tevrede gestel kon word nie, en dat die studie duur en tydrowend
was.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53378
Date12 1900
CreatorsCoetzee, Narista
ContributorsClaassen, P. E., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. Dept. of Town and Regional Planning.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format79 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0065 seconds