Return to search

Strategy implementation with reference to the Grainco Group

Thesis (MBA (Business Management))--University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: Successful strategy implementation is necessary in order for a strategic plan to be
worthwhile for a business. Research has indicated that companies are often weak at
strategic execution and it is held that weak execution is often the reason for a failed
strategy or business. The execution of a strategy is, however, far more complex and
difficult than the formulation of a good strategy.
A reason for this is the fact that relatively few conceptual models for strategy execution exist
while this field attracts less attention in research than the field of strategy formulation.
Recent publications focus narrowly on specific areas such as leadership or performance
measurement and fail to integrate these traditional views on business management into a
single model for strategy implementation.
GrainCo Group, a grain supply chain management company, does not follow a pre-defined
strategy execution methodology and could, as a result, be missing out on profitable
business opportunities. The group’s management team agrees that its ability to
successfully execute strategy is hampered by a lack of such a methodology. This forms the
basis for this research report where the question asked is the following: What framework
can GrainCo Group adopt in an effort to improve strategy execution in the Group?
It was found that strategy execution spans all aspects of business management and cannot
be viewed in isolation. Strategy implementation should therefore be seen as an integrated,
boundary-less set of activities where information flows unrestricted between all business
units and constant focus is placed on both “hard” and “soft” management issues.
Information flows and clarity about decision rights are of critical importance when applying
a process perspective to business management. Strategy implementation cannot be
viewed as a distinct event and should become inherent in the company’s management
style. It was further suggested that the GrainCo Group adopt a combination of two of the
most representative strategy implementation methodologies together with changes to a
number of important elements of management style. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die vermoë om ‘n sakestrategie suksesvol uit te voer is ‘n noodsaaklike voorvereiste vir ‘n
strategiese plan om van waarde te wees. Navorsing het aangedui dat maatskappye
dikwels nie goed vaar in die uitvoering van sakestrategie nie en dat swak uitvoering dikwels
lei to die ondergang van ‘n besigheid of strategie. Die uitvoering van ‘n strategie is egter
baie meer kompleks as die blote formulering daarvan.
‘n Rede vir bogenoemde is die feit dat daar relatief min konseptuele modelle vir die
uitvoering van sakestrategie bestaan terwyl hierdie veld minder aandag trek in navorsing
as die formulering van strategie. Onlangse publikasies fokus op spesifieke areas soos
leierskap en prestasiemeting en slaag nie daarin om hierdie tradisionele areas van bestuur
te kombineer in ‘n enkele model vir die uitvoering van sakestrategie nie.
GrainCo Groep, ‘n graan-voorsieningsketting bestuursmaatskappy, maak tans nie gebruik
van ‘n spesifieke model vir die uitvoering van sakestrategie nie en die groep se
bestuurspan stem saam dat sy vermoë om strategie suksesvol uit te voer hierdeur
ondermyn word. Voorgenoemde vorm die basis van hierdie navorsingsverslag waarin die
volgende vraag gevra word: Watter raamwerk vir die uitvoering van sakestrategie kan die
GrainCo Groep aawend om meer suksesvol te wees met die uitvoering van strategie?
Navorsing het getoon dat die uitvoering van strategie alle aspekte van sakebestuur
aanraak en dat dit nie in isolasie gesien kan word nie. Uitvoering behoort gevolglik gesien te
word as ‘n grenslose, geïntegreerde reeks van aktiwiteite waar inligting onbelemmer vloei
tussen alle sake-eenhede terwyl gereelde aandag gegee word aan die “harde” en “sagte”
aspekte van sakebestuur. Die vloei van inligting en duidelikheid oor besluitnemingsregte is
van kritieke belang in so ‘n geïntegreerde model. Die uitvoering van strategie kan ook nie in
isolasie gesien word nie en behoort ‘n integrale deel te vorm van ‘n onderneming se
bestuurstyl. Dit word voorgestel dat die GrainCo Groep ‘n kombinasie van die twee mees
verteenwoordigende modelle vir die uitvoering van sakestrategie aanneem tesame met die
aanpassing van ‘n aantal belangrike elemente van die maatskappy se bestuurstyl.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/1026
Date12 1900
CreatorsVan Schaik, Henri
ContributorsSmith, J., University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format120 pages
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0021 seconds