Text in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English / Die doel van hierdie navorsingstudie was om te bepaal of daar 'n verwantskap tussen stres en
die persoonlikheidsweerstandsbronne koherensiesin, gehardheid en lokus van beheer is.
Middelvlakbestuurders (n=103) het selfbeoordelingsvraelyste oor stres, sin vir koherensie,
gehardheid en lokus van beheer voltooi. Die resultate van die Pearson produkmoment
korrelasie en chi-kwadraattoetse toon dat daar 'n statisties beduidende verwantskap tussen
stres en koherensiesin, gehardheid en lokus van beheer is. Dit blyk dat middelvlakbestuurders
met 'n sterk koherensiesin beter in staat is om stres te hanteer as bestuurders met 'n lae
koherensiesin. Hierdie bestuurders maak dus sin uit werkstressors en beskou lewenseise as
betekenisvol en uitdagend. Die resultate dui aan dat bestuurders met 'n hoe inteme lokus van
beheer en outonomie minder stres ervaar en beter toegerus is om die negatiewe invloed van
stres teen te werk as bestuurders met 'n lae lokus van beheer en outonomie. Volgens hierdie
navorsing het gehardheid nie 'n invloed op die ervaring van stress. / The purpose of this study was to determine if a relationship exists between stress and the
resiliency sources of sense of coherence, hardiness and locus of control. Managers (N=l 03) at
middle management level completed self-report questionnaires on stress, sense of coherence,
hardiness and locus of control. Results from the Pearson product moment correlation and chisquare
tests, indicate a statistical significant relationship between stress and sense of
coherence, hardiness and locus of control. It seems as if managers at middle management
level with a strong sense of coherence experience lower levels of stress than managers with a
low sense of coherence. These managers derive sense from work stressors and view life's
demands as meaningful and challenging. These results indicate that managers with a strong
internal locus of control and autonomy will be better equipped to cope with stress than
managers with a low locus of control and autonomy. According to this study hardiness does
not have an effects on stress. / Industrial and Organisational Psychology / M.A. (Industrial Psychology)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/18661 |
Date | 06 1900 |
Creators | Barnard, Nelia |
Contributors | Bergh, Ziel C. |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (xiii, 173 leaves) |
Page generated in 0.0021 seconds