Return to search

A study of the differences in the relationship between HIV/AIDS prevalence and related costs in the mining and financial sectors in South Africa

Thesis (MBA (Business Management))--University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: By understanding the costs of HIV/AIDS, businesses can understand the incentives for preventing and treating the disease better. This report primarily investigates whether there is a difference in the relationship between HIV/AIDS prevalence rates and related costs in different sectors in South Africa. With an HIV prevalence ratio of approximately 10:1 for the mining and financial sectors, it is difficult to motivate that more research should be done on the impact of HIV/AIDS on the financial sector. However, if the study indicates a higher cost ratio between the two sectors it could increase the priority of the epidemic in the financial sector, giving rise to a bigger incentive to fight the epidemic.
The estimated HIV/AIDS-related cost of an infected manager is R120 000 compared to the cost of R4 600 for an infected unskilled employee. From this analysis it is estimated that the HIV prevalence ratio between highly skilled and semi- and unskilled labour is 1:2.5, while the HIV cost ratio between the different skill levels is 1:0.2. This clearly indicates that there could be a significant difference between the HIV prevalence ratio and the HIV cost ratio for different levels of skills.
From the Absa and AngloGold average salary information reviewed, the assumption was made that the Absa employees are more skilled than the AngloGold employees. With the knowledge of this difference in skill levels between the two companies in the different sectors, and the information above regarding the difference in HIV/AIDS-related costs for different skill levels, it is possible that the HIV/AIDS-related costs in the financial sector could be in line with the costs in the mining sector.
Using HIV prevalence as an indication of the impact of the disease on the financial sector, a high-level cost estimate could be R150.9 million, compared to R3 985 million if the difference in the relationship between HIV/AIDS prevalence and related costs are taken into account. These materially different estimates could cause companies in the financial sector to make incorrect decisions regarding HIV/AIDS budgets for HIV/AIDS prevention and treatment, as incorrect indicators of the impact of the epidemic on the profit of the organisation are used. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Deur die koste van MIV/vigs te verstaan, kan besighede die dryfvere vir die voorkoming en behandeling van MIV/vigs beter verstaan. Die verslag ondersoek hoofsaaklik of daar ’n verskil is in die verhouding tussen die voorkomsyfer en verwante koste van MIV/vigs in verskillende sektore in Suid Afrika. Met die MIV-voorkomsverhouding van ongeveer 10:1 vir die mynwese en finansiële sektore, is dit moeilik om verdere navorsing oor die impak van MIV op die finansiële sektor te regverdig. Indien hierdie studie egter ’n hoër kosteverhouding tussen die twee sektore aantoon, kan dit die prioriteit van die epidemie in die finansiële sektor verhoog, wat sal lei tot dryfvere om die epidemie te beveg.
Die beraamde MIV/vigs-verwante koste van ’n besmette bestuurder is R120 000, vergelykend met die koste van R4 600 vir ’n besmette ongeskoolde werknemer. Uit ontledings kan beraam word dat die MIV-voorkomsyfer tussen hoogs geskoolde en half- en ongeskoolde werknemers 1:2.5 is, terwyl die MIV-kosteverhouding tussen die verskillende vlakke 1:0.2 is. Die inligting toon dat daar beduidende verskille tussen die MIV-voorkomsverhouding en die MIV-kosteverhouding vir verskillende vlakke van geskooldheid kan wees.
Volgens Absa en AngloGold se inligting oor gemiddelde salarisse is die aanname gemaak dat Absa-werknemers meer geskoold is as AngloGold-werknemers. Met die kennis van hierdie verskil in vaardigheidsvlakke tussen die twee maatskappye in die onderskeie sektore en die inligting hierbo rakende die verskil tussen MIV/vigs-koste vir verskillende vaardigheidsvlakke, is dit moontlik dat die MIV/vigs-verwante koste in die finansiële sektor in ooreenstemming met dié in die mynwesesektor kan wees.
As MIV-voorkoms as ’n aanwyser van die impak van die koste op die finansiële sektor gebruik word, kan ’n hoëvlak-kosteberaming R150.9 miljoen wees, vergelykend met
R3 985 miljoen, as die verskil in die verhouding tussen MIV/vigs-voorkoms en verwante koste in berekening gebring word. Die wesenlik verskillende beramings veroorsaak dat maatskappye in die finansiële sektor foutiewe besluite rakende MIV/vigs-begrotings vir MIV/vigs-voorkoming en -behandeling maak, aangesien foutiewe aanwysers van die impak van die epidemie op die wins van die organisasie gebruik word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/1024
Date12 1900
CreatorsSmit, Stefan
ContributorsRoux, Andre, University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0021 seconds