Return to search

Transliggaamlikheid, kriptosoölogie en dieresiele in Kikoejoe (Etienne van Heerden, 1996), Die olifantjagters (Piet van Rooyen, 1997) en Dwaalpoort (Alexander Strachan, 2010)

Text in Afrikaans / In hierdie studie word die verbandhoudende teoretiese begrippe van trans-liggaamlikheid, kriptosoölogie en dieresiele ondersoek met verwysing na drie magies-realistiese Afrikaanse romans, naamlik Kikoejoe (Etienne van Heerden, 1996), Die olifantjagters (Piet van Rooyen, 1997) en Dwaalpoort (Alexander Strachan, 2010).
Die gewaande dualisme tussen kultuur en natuur word in die tekste bevraagteken en vrye interaksie tussen biologiese, klimatologiese, ekonomiese en politieke magte vind plaas in die onderskeie romanruimtes. Die toenemende druk op die omgewing word uitgebeeld en in hierdie opsig sluit die romans aan by ʼn eietydse tendens in die (Afrikaanse) letterkunde waar die klem op ekologiese kwessies val.
Hierdie drie kontemporêre romans reflekteer voorts die komplekse interaksie tussen menslike en niemenslike diere en kan beskou word as dierenarratiewe (met ’n mitiese onderbou) waar tradisionele beskouings oor diere in die samelewing deurentyd ondermyn word. / In this research report, related theoretical concepts such as transcorporeality, cryptozoology and animal souls will be explored with reference to the magic-realistic Afrikaans novels Kikoejoe (Etienne van Heerden, 1996), Die olifantjagters (Piet van Rooyen, 1997) and Dwaalpoort (Alexander Strachan, 2010).
The perceived dualism of nature versus culture is undermined in the respective novels and the environment is exposed as a space where the interaction between biological, climatological, economical and political forces takes place freely. The novels portray the increasing demands on the environment and in this respect these texts become representative of a current trend in (Afrikaans) literature to reflect ecological issues.
The three contemporary novels further reflect the complex interaction between human and nonhuman animals and can be described as animal narratives (underpinned by myths) where traditional perspectives on animals in society are constantly subverted. / Afrikaans and Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/19690
Date04 1900
CreatorsRoothman, Linda
ContributorsLemmer, E.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (ix, 206 leaves)

Page generated in 0.0027 seconds