Return to search

A model for human capital valuation

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: As the world's economic landscape undergoes a fundamental shift from
industrial economy in which plant and equipment are the core assets, to
the 'new' economy which places a high premium on people and intangible
assets traditional accounting systems are becoming less effective.
Intellectual Capital has become the indispensable component of corporate
value. The significant rise in the market-to-book ratio of listed companies is
testimonial of this fact.
By focusing on physical and cash assets, and remaining oblivious to
Intellectual Capital, conventional accounting methods are missing a very
crucial point. The exclusion of Intellectual Capital from financial
performance reports results in information deficiency for both internal and
external stakeholders of organizations.
Measurement and reporting of Intellectual Capital has thus become
imperative. However, it is the Human Capital component (of Intellectual
Capital) that should be the prime concern of business leaders and other
stakeholders. People are the true agents in business; all the other assets,
whether tangible or intangible, are the result of human actions and
ultimately depend on people for their continued existence. Measurement
and reporting of Human Capital is therefore of the essence.
Measurement of Human Capital is not simple and straightforward.
Development of methodologies for valuation of Human Capital is a
daunting challenge. In spite of its difficulty, measurement of Human
Capital has to be vigorously pursued; the stakes are just too high for the
challenge to be shunned.
This study proposes a system for valuation of Human Capital. "Valuation"
may conjure expectations of financial measurement; however, despite concerted efforts by the accounting profession, currency-based valuation
of people has received very little, if any, appreciation in industry.
The model put forward here, is a non-monetary Human Capital Index. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Met die fundamentele verskuiwing van die ekonomiese landskap van die
wêreld, vanaf 'n industriële ekonomie met produksie-aanlegte en
toerusting as primêre bates, tot die nuwe ekonomie wat 'n hoë premie op
mense en ontasbare bates plaas, het konvensionele rekeningkundige
stelsels toenemend ondoeltreffend geraak.
Intellektuele kapitaal het 'n onontbeerlike onderdeel van korporatiewe
waarde geword. Die betekenisvolle premie wat die markwaarde bo die
batewaarde van genoteerde maatskappye geniet, lewer bewys van hierdie
tendens.
Deur te fokus op fisiese en monetêre bates, en nie intellektuele bates in ag
te neem nie , verontagsaam konvensionele rekeningkundige stelsels 'n
kern beginsel. Die uitsluiting van intellektuele kapitaal as deel van
prestasie verslagdoening lei tot 'n gebrekkige inligtingsbasis vir beide
interne en eksterne belangegroepe van die organisasie.
Meting van, en verslagdoening oor intellektuele kapitaal, het dus 'n
noodsaaklikheid geword. Dit is egter die menslike hulpbron komponent
van intellektuele kapitaal wat die primêre oorweging by sakeleiers en
ander belanghebbendes behoort te wees. Mense is die werklike rolspelers
in organisasies. AI die ander bates, tasbaar of ontasbaar, is die gevolg van
menslike aktiwiteit, en hang uiteindelik van mense af vir hul voortgesette
bestaan. Daarom is dit van die uiterste belang dat daar 'n proses is wat
menslike bates evalueer en verslag doen.
Die meting van menslike kapitaal is nie eenvoudig en voor die hand
liggend nie. Die ontwikkeling van metodes om menslike kapitaal te
assesseer is 'n besondere uitdaging. Ten spyte van die probleme moet die
assessering van menslike kapitaal daadwerklik nagestreef word; hierdie
saak is te belangrik om te ontwyk. Hierdie studie stel 'n model voor om waardebepaling van menslike kapitaal
te doen. So 'n waardebepaling mag verwagtinge van 'n finansiële
metingsbasis skep; tog, ten spyte van doelgerigte pogings deur die
rekeningkundige professie, het 'n monetêre waardebepaling van mense
weinig, indien enige, aanvaarding in die sakewêreld ontvang.
Die model wat hier voorgestel word, is 'n nie-monetêre menslike kapitaal
indeks.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/70108
Date12 1900
CreatorsJasina, Tatia Simon
ContributorsBurger, J., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. Graduate School of Business .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format70 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0021 seconds