Return to search

The emergence of a new industrial relations system in Malawi : a comparative study

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: This comparative study between the Malawian and the South African Labour
Relations Act examines whether local industries in Malawi could benefit more from
the new Act in comparison to the South African industries which also were exposed
to a new Labour Relations Act.
South Africa is the biggest exporter to Malawi representing 31% of total imports.
Malawi is a net importer of goods relying on agricultural products such as tobacco,
tea and sugar to earn foreign currency. The majority of manufactured goods are
imported competing against a relative small local industry, which is not competitive
and relies on import tariff for protection against cheaper imports. However, Malawi
is a member of the Southern African Development Community (SADC) and is
committed to import tariff reduction and eventual tariff elimination amongst SADC
countries of which South Africa is also a member. This will have a devastating
effect on Malawi's manufacturing industry if it cannot improve its competitiveness.
One aspect that can assist local industries to become more competitive is the
advent of the new Labour Relations acts introduced in both South Africa and
Malawi following the historic and co-incidental change in both countries to multiparty
democracy during 1994.
Both acts recognise collective bargaining as the best means of resolving industrial
disputes of interests. In order to make collective bargaining more effective, both
acts require employers to disclose information deemed necessary for effective
negotiations and bargaining. The acts attempt to assist in the process of reaching
agreement between the parties.
In Malawi, unresolved disputes must be referred to the Industrial Relations Court
whereas the South African act replaced the Industrial Court with a new
Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration. In addition, the South African Labour Relations Act introduced the workplace
forums which are organisations consisting of elected employees who have the right
to consult with the employer to reach joint agreement on matters of mutual
concern.
The Malawian Labour Relations Act requires an employer to recognise a trade
union for collective bargaining if the trade union membership represents at least
twenty per cent of the employees. However, the South African Labour Relations
Act attempts to create a spirit of industrial democracy through joint decisionmaking
and promotes the concept of majoritarianism and collective bargaining at
industry level.
In Malawi, if a dispute is unresolved and it concerns the interpretation of statutory
provisions or any provisions of a collective agreement or contract of employment,
either party to such a dispute may apply to the Industrial Relations Court for
determination of the dispute. However, the South African Labour Relations Act
has created two new structures, bargaining councils and statutory councils. These
structures perform primarily a dispute resolution function as part of what is referred
to in the Act as the self-regulation principle which underlines the entire Act.
The South African Labour Relations Act thus promotes self-regulatory principles
whereas the Malawian Labour Relations Act promotes dispute resolution measures
through statutory structures. In terms of both acts, employees have the right to
strike and employers have the right to initiate a lock-out. It is important to note
that, in the case of Malawi, seven days notice prior to taking industrial action is
required whereas in South Africa only forty-eight hours notice is required.
The South African Labour Relations Act has introduced workplace forums for the
purpose of preventing or minimising unilateral decision making by employers. It
therefore encourages worker participation in managerial decision making through
workplace forums. The Malawian Labour Relations Act has not made any provision for workplace forums or any similar structure. This is a significant
weakness in the Malawian Labour Relations Act as the encouragement of worker
participation in managerial decision making might well be instrumental in the
reduction of conflict at the workplace and for both employees and employers to
appreciate each others contending goals.
Unlike the new Malawian Industrial Relations Act, the new South African Act has
replaced the Industrial Court with a new dispute resolution system in the form of a
Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration, which attempts to resolve
disputes through the process of mediation and arbitration.
The South African Labour Relations Act contains a whole chapter on unfair
dismissals whereas the Malawian Labour Relations Act does not specifically
address this issue.
As to the effectiveness of the Malawian industrial relations system, several
recommendations have been made in the following key areas:
• Union representation;
• Workplace forums;
• Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration; and
• Unfair dismissal. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie vergelykende studie van die Malawiese en Suid-Afrikaanse Wet op
Arbeidsverhoudinge ondersoek of plaaslike nywerhede in Malawi meer kan baat
van die nuwe Wet in vergelyking met die Suid-Afrikaanse nywerhede wat ook aan
die nuwe Wet op Arbeidsverhoudinge blootgestel is.
Suid-Afrika is die grootste uitvoerder na Malawi, met 'n 31 persent
verteenwoordiging van die totale invoere. Malawi is 'n netto invoerder van goedere
en maak staat op boerderyprodukte soos tabak, tee en suiker om buitelandse
valuta te verdien. Die meerderheid van die vervaardigde goedere word ingevoer
en ding mee teen 'n redelike klein plaaslike industrie wat nie kompeterend is nie
en vir beskerming teen goedkoper invoere op invoertariewe staatmaak. Malawi is
egter 'n lid van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en is daartoe
verbind om invoertariewe te verlaag en dit uiteindelik tussen die Suider-Afrikaanse
Ontwikkelingsgemeenskap-lande, waarvan Suid-Afrika ook 'n lid is, uit te skakel.
Dit sal 'n vernietigende uitwerking op Malawi se vervaardigingsindustrie hê as
hulle nie hul mededinging kan verbeter nie.
Een aspek wat plaaslike nywerhede kan help om meer mededingend te word, is
die koms van die nuwe Wet op Arbeidsverhoudinge wat, na aanleiding van die
geskiedkundige en gelyktydige veranderinge in beide lande na
veelpartydemokrasie in 1994, in beide Suid-Afrika en Malawi ingestel is.
Beide wette erken kollektiewe bedinging as die beste manier om arbeidsgeskille
oor belange te besleg. Om kollektiewe bedinging doeltreffender te maak, vereis
beide wette dat werkgewers inligting openbaar maak wat nodig geag word vir
doeltreffende onderhandelinge en bedinging. Die wette probeer help dat
ooreenkomste tussen die partye bereik word. In Malawi moet geskille wat nie besleg kan word nie, na die Arbeidsbetrekkingehof
verwys word terwyl die Suid-Afrikaanse wet die Nywerheidshof met 'n nuwe
Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie vervang het.
Hierbenewens het die Suid-Afrikaanse Wet op Arbeidsverhoudinge die
werkplekforums ingestel. Dit is liggame wat bestaan uit werknemers wat gekies is
en die reg het om met die werkgewer te beraadslaag om 'n gemeenskaplike
ooreenkoms oor gemeenskaplike belange te bereik.
Die Malawiese Wet op Arbeidsverhoudinge vereis dat 'n werkgewer 'n vakbond
erken vir kollektiewe bedinging as die vakbond ledetal minstens 20 persent van die
werknemers verteenwoordig. Die Suid-Afrikaanse Wet op Arbeidsverhoudinge
poog egter om 'n gevoel van arbeidsdemokrasie te skep deur gesamentlike
besluitneming en bevorder die konsep van meerderheid en kollektiewe bedinging
op industrievlak.
As 'n geskil in Malawi nie bygelê kan word nie en dit raak die interpretasie van
statutêre bepalings of enige bepalings van 'n kollektiewe ooreenkoms of
dienskontrak, kan enigeen van die party tot so 'n geskil by die
Arbeidsbetrekkingehof aansoek doen om 'n beslissing oor die geskil. Die Suid-
Afrikaanse Wet op Arbeidsverhoudinge het egter twee nuwe strukture geskep,
onderhandelingsrade en statutêre rade. Hierdie strukture verrig hoofsaaklik 'n
geskilbyleggingsfunksie as deel van waarna in die wet as die
selfreguleringsbeginsel verwys word en wat die hele wet versterk.
Die Suid-Afrikaanse Wet op Arbeidsverhoudinge bevorder dus
selfreguleringsbeginsels terwyl die Malawiese Wet op Arbeidsverhoudinge
geskilbyleggingsmetodes deur statutêre strukture bevorder. Ingevolge beide wette
het werknemers die reg om te staak en werkgewers het die reg om 'n uitsluitaksie
te inisieer. Dit is belangrik om daarop te let dat in die geval van Malawi, sewe dae
kennis gegee moet word voor dat die nywerheidsaksie ingestel kan word, en in
Suid-Afrika word slegs 48 uur kennis verlang. Die Suid-Afrikaanse Wet op Arbeidsverhoudinge het werkplekforums ingestel met
die doel om eensydige besluitneming deur werkgewers te voorkom of tot die
minimum te beperk. Dit moedig dus werkerdeelname in bestuursbesluitneming
deur werkplekforums aan. Die Malawiese Wet op Arbeidsverhoudinge het nie vir
werkplekforums of enige soortgelyke struktuur voorsiening gemaak nie.
Dit is 'n groot swakheid in die Malawiese Wet op Arbeidsverhoudinge omdat
aanmoediging van werkerdeelname in bestuursbesluitneming straks instrumenteel
kan wees in die vermindering van konflik in die werkplek en beide werknemers en
werkgewers mekaar se strydende doelwitte kan waardeer.
Anders as die nuwe Malawiese Wet op Arbeidsverhoudinge, het die nuwe Suid-
Afrikaanse wet die Nywerheidshof vervang met 'n nuwe geskilbeslegtingstelsel in
die vorm van 'n Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie, wat poog om
geskille deur die proses van bemiddeling en arbitrasie by te lê.
Die Suid-Afrikaanse Wet op Arbeidsverhoudinge bevat 'n hele hoofstuk oor
onregverdige afdanking waar die Malawiese Wet op Arbeidsverhoudinge dié saak
nie spesifiek aanroer nie.
Wat die doeltreffendheid van die Malawiese arbeidsverhoudinge-stelsel betref, is
verskeie aanbevelings op die volgende gebiede gedoen:
• Vakbondverteenwoordiging
• Werkplekforums
• Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie
• Onregverdige afdanking

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51975
Date03 1900
CreatorsHorn, Jan Ernest
ContributorsBendix, D. W. F., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences . Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format82 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0039 seconds