Return to search

The impact of labour-related risks on financial investment decision-making regarding long-term insurance assets

Dissertation (PhD)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Notwithstanding the importance of institutional financial investments and labour to the South
African economy, relatively little attention has been paid by researchers to the
interdependence of these two issues. As a result of this gap in the existing literature, a
potential exists for inefficient financial investment decision-making by institutional investors
with a resultant non-optimal allocation of valuable capital on the JSE Securities Exchange
South Africa (previously known as Johannesburg Stock Exchange).
The objective of this study thus embodies the evaluation of the impact of labour-related risks
on financial investment decision-making regarding long-term insurance assets, given the
basic theory available in this regard, so that the resultant recommendations can lead to a
better utilisation of the theory by investors in general. The resulting tasks of the study are as
follows:
• To do a literature study of the basic theory available in this regard.
• To obtain information about the relevant aspects, by means of personal interviews with
investment practitioners responsible for financial investment decision-making, as far as
long-term insurance assets are concerned.
• To develop a tool that can be used to measure the degree of labour-related risk at
enterprises for the purpose of financial investment decision-making.
• To make suitable recommendations based on the critical analysis of the obtained
information.
Twenty-three interviews were conducted during March and the first half of April 1999 to
cover the financial investment decision-making practices of the 47 participating long-term
insurers, resulting in a 100 per cent response rate. The personal interviews were structured
by using a written discussion guideline that was drafted with reference to the literature study.
A distinction was made between the perceived labour-related risks in manual and knowledge
worker enterprises. In addition to general information, the discussion guideline required the
participating institutions to disclose information about the financial investment decisionmaking
process in use at their institutions and to respond with regard to the perceived
importance of various labour-related risk factors. The discussion guideline also required the
participants to rank certain aspects in order of their significance when the degree of labourrelated
risk at enterprises is determined. Finally, questions were asked to determine the
relative importance of labour-related risks in general when financial investment decisions are
taken.
The information obtained during the interviews was summarised on an Excel spreadsheet and
subjected to an elaborate statistical analysis to satisfy the objectives of the study. The
majority of the data that were obtained during the survey are ordinal, because the discussion
guideline made use of an ordinal level of measurement. With this in mind, the mean (as a
measure of central tendency) and the range (as a measure of dispersion) are used to describe
the data. Spearman's rank correlation coefficient is used as a measure of correlation. The
sign test, being one of the simplest non-parametric tests, is used throughout the study to
investigate whether the observed differences in opinion regarding manual worker and
knowledge worker enterprises are significant. The study highlights the significant role of long-term insurance assets on the JSE Securities
Exchange South Africa, as well as the significant differences between manual and knowledge
worker enterprises regarding the perceived importance of labour-related risk factors for the
purpose of financial investment decision-making. The large number of labour-related risk
factors and the existence of significant correlation between many of them reflects the
complicated nature of labour-related risks. The respondents regard labour-related risks
between moderately and highly important for manual and knowledge worker enterprises
when financial investment decisions are taken. Classification trees are introduced as the
preferred method to deal with these complexities and to measure labour-related risks in
manual and knowledge worker enterprises for the purpose of financial investment decisionmaking.
These classification trees are constructed based on the wealth of experience of
investment practitioners active in the long-term insurance industry at the time of the survey
and with reference to the literature study.
Generally, the most critical labour-related aspects to consider when the degree of labourrelated
risk at manual and knowledge worker enterprises is determined, are internal to these
enterprises and can be managed. Management and the labour force of enterprises should take
cognisance of their responsibilities in this regard and the perceived ability they have to
significantly influence the degree of labour-related risk at manual and knowledge worker
enterprises. Other role players also have important roles to play in this regard, given the
impact of the external environment on the degree of labour-related risk. The responsibility of
enterprises to disclose the information required by investors to determine the prevailing
degree of labour-related risk at enterprises is matched by the responsibility of investment
practitioners to request and rationally assess this information.
The resulting conclusions and recommendations of this study and the tool that is developed to
measure the degree of labour-related risk at enterprises for the purpose of financial
investment decision-making are largely based on the perceptions of investment practitioners
active in the long-term insurance industry at the time of the survey. With this in mind, it is
recommended that future research activities be aimed at enhancing the value of the
classification trees developed in this study by applying the tree-growing method on actual
cases where the variables can be measured and the eventual outcomes are determined. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Desnieteenstaande die belangrikheid van institusionele finansiele beleggings en arbeid vir die
Suid-Afrikaanse ekonomie, het navorsers tot dusver relatief min aandag aan die
interafhanklikheid van hierdie twee aspekte gegee. Die leemte in die bestaande literatuur kan
lei tot oneffektiewe finansiele beleggingsbesluitneming deur institusionele beleggers met die
gevolg dat waardevolle kapitaal nie optimaal op die JSE Sekuriteitebeurs Suid-Afrika
(voorheen bekend as die Johannesburgse Effektebeurs) verdeel word nie.
Die doelstelling van hierdie studie behels dus die beoordeling van arbeidsverwante risiko's se
invloed op finansiele beleggingsbesluitneming met betrekking tot die bates van
langtermynversekeraars, gegewe die basiese teorie beskikbaar in hierdie verband, sodat die
voortspruitende aanbevelings kan lei tot 'n beter benutting van die teorie deur beleggers in
die algemeen. Die take van die studie is as volg:
• Om'n literatuurstudie te doen van die basiese teorie wat in hierdie verband beskikbaar is.
• Om inligting rakende die relevante aspekte te bekom deur middel van persoonlike
onderhoude met beleggingspraktisyns wat vir beleggingsbesluitneming rakende die bates
van langtermynversekeraars verantwoordelik is.
• Om'n hulpmiddel te ontwikkel wat gebruik kan word om die graad van arbeidsverwante
risiko in ondememings te meet vir die doeleindes van beleggingsbesluitneming.
• Om toepaslike aanbevelings te maak op grond van die kritiese ontleding van die
verkrygde inligting.
Drie en twintig onderhoude is gedurende Maart en die eerste helfte van April 1999 gevoer om
die beleggingsbesluitnemingspraktyke van die 47 deelnemende langtermynversekeraars te
dek. 'n Een honderd persent reaksiekoers is dus behaal. Die persoonlike onderhoude is
gestruktureer deur gebruik te maak van 'n geskrewe besprekingsriglyn wat na aanleiding van
die literatuurstudie opgestel is. 'n Onderskeid is tussen die waargenome arbeidsverwante
risiko's gemaak waar hande-arbeiders en werknemers wat kennis aanwend in ondememings
werksaam is. Bo en behalwe algemene inligting, het die besprekingsriglyn ook van die
deelnemende instellings gevra om inligting te openbaar rakende die beleggingsbesluitnemingsproses
deur hulle gebruik en om 'n mening uit te spreek orntrent die
belangrikheid van 'n verskeidenheid arbeidsverwante risikofaktore. Die besprekingsriglyn
het ook versoek dat die deelnemers sekere aspekte rangskik in terme van hul belang wanneer
die graad van arbeidsverwante risiko by ondememings bepaal word. Ten slotte is vrae gestel
ten einde die relatiewe belangrikheid van arbeidsverwante risiko's in die algemeen te bepaal
wanneer finansiele beleggingsbesluite geneem word.
Die inligting wat tydens die onderhoude verkry is, is op 'n Excel sigblad opgesom en aan 'n
omvattende statistiese ontleding onderwerp ten einde die doelstellings van die studie te
verwesenlik. Die data wat tydens die opname verkry is, is hoofsaaklik volgens 'n rangorde,
aangesien die besprekingsriglyn van 'n ordinale vlak van meting gebruik gemaak het. Met
dit in gedagte, is die gemidde1de (as 'n maatstaf van lokaliteit) en die variasiewydte (as 'n
maatstaf van spreiding) gebruik om die data te beskryf. Spearman se rangorde
korrelasiekceffisient is as 'n maatstaf van korrelasie gebruik. Die tekentoets, een van die
mees eenvoudige nie-parametriese toetse beskikbaar, is in die studie gebruik om ondersoek in te stel of die waargenome verskille in mening rakende ondernemings waar hande-arbeiders en
werknemers wat kennis aanwend, betekenisvol is.
Die studie beklemtoon die betekenisvolle rol wat die bates van langtermynversekeraars op die
JSE Sekuriteitebeurs Suid-Afrika speel, sowel as die betekenisvolle verskille rakende die
waargenome belangrikheid van arbeidsverwante risiko's vir die doeleindes van
beleggingsbesluitneming waar ondernemings hande-arbeiders en werknemers wat kennis
aanwend, in diens het. Die groot aantal arbeidsverwante risikofaktore en die betekenisvolle
korrelasie wat tussen talle van hulle bestaan, dui op die komplekse aard van arbeidsverwante
risiko 's. Die respondente beskou arbeidsverwante risiko' s as tussen redelik belangrik en
hoogs belangrik vir sowel ondernemings met hande-arbeiders en die met werknemers wat
kennis aanwend wanneer beleggingsbesluite geneem word. Klassifikasiebome word bekend
gestel as die gewenste metode om vir hierdie kompleksiteite voorsiening te maak en om
arbeidsverwante risiko's in ondernemings wat hande-arbeiders en werknemers wat kennis
aanwend, in diens het, vir die doeleindes van beleggingsbesluitneming te meet. Die
klassifikasiebome word op grond van die omvangryke ervaring van beleggingspraktisyns
(wat ten tye van die opname in die langtermynversekeringsbedryf bedrywig was) en met
verwysing na die literatuurstudie opgestel.
Oor die algemeen is die mees kritiese arbeidsverwante aspekte wat oorweeg moet word ten
einde die graad van arbeidsverwante risiko te bepaal by ondernemings met hande-arbeiders
en die met werknemers wat kennis aanwend, intern tot hierdie ondernemings. Sodanige
aspekte kan gevolglik bestuur word. Bestuur en die arbeidsmag van ondernemings moet
kennis neem van hul verantwoordelikhede in hierdie verband sowel as die waargenome
vermoe wat hulle het om die graad van arbeidsverwante risiko by ondernemings wat handearb
eiders en werknemers wat kennis aanwend, in diens het wesenlik te beinvloed. Ander
rolspelers speel ook 'n belangrike rol in hierdie verb and vanwee die invloed wat die eksterne
omgewing op die graad van arbeidsverwante risiko het. Die verantwoordelikheid van
ondernemings om die nodige inligting aan beleggers te openbaar ten einde hulle in staat te
stel om die heersende graad van arbeidsverwante risiko by die ondernemings te bepaal, stem
ooreen met die verantwoordelikheid van beleggingspraktisyns om die inligting te versoek en
rasioneel te beoordeel.
Die voortvloeiende gevolgtrekkings en aanbevelings van die studie en die hulpmiddel wat
ontwikkel is om die graad van arbeidsverwante risiko by ondernemings te meet vir die
doeleindes van beleggingsbesluitneming, is grotendeels gebaseer op die persepsies van
beleggingspraktisyns wat ten tye van die opname in die langtermynversekeringsbedryf
bedrywig was. Met dit in gedagte, word aanbeveel dat toekomstige navorsingsaktiwiteite
gerig word op die verhoging van die waarde van die klassifikasiebome wat in hierdie studie
ontwikkel is deur die boom-groei metodiek toe te pas op werklike gevalle waar die
veranderlikes gemeet en die finale uitkomste bepaal kan word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52535
Date12 1900
CreatorsMostert, J. H. (Jan Hendrik)
ContributorsMostert, F. J., Steel, S. J., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Business Management.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format304, 4, 6. 19 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0113 seconds