Return to search

Riglyne vir die implementering van bandverbreding.

M.A. / Aihoewel die tradisionele organisasie oor die algemeen 'n soliede vergoedingstelsel met 'n sterk fokus op koste-effektiwiteit en administratiewe presisie gehad het, het die moderne organisasie, wat gekenmerk word deur platter organisasiestrukture, groter buigsaamheid, 'n meer deelnemende bestuurstyl en 'n groter mate van openheid, ander vereistes gestel aan die tradisionele vergoedingstelsel. Die modeme vergoedingstelsel, wat die modeme organisasie kenmerke ondersteun, word beskou as 'n stelsel wat uitset gerig is, met min salarisvlakke, wat min of geen status simbole bevat, wat groter deursigtigheid bevorder en waar meganistiese beheer stelsels vervang word met analitiese bestuursbeheer. Dit het aanleiding gegee daartoe dat nuwe moderne vergoedingspraktyke, onder meer ook bandverbreding, die lig gesien het. Die verhandeling het ten doel om bandverbreding, wat gedefinieer word as die vermindering van posvlakke en die dienooreenkomstige verbreding van salarisbande, om sodoende 'n platter organisasiestruktuur te skep wat groter aanpasbaarheid en dinamika tot gevolg sal he, te verken en te omskryf. Die fokus val veral op die ontwerp en die proses van implementering van bandverbreding binne 'n Suid-Afrikaanse organisasie. Die tradisionele posevalueringstelsel, wat die hart van enige vergoedingstelsel gevorm het, het sterk onder die vergrootglas gekom nadat die bandverbredingsproses bekendgestel is. Die invloed van bandverbreding op die onderskeie posevalueringstelsels asook op die plek daarvan binne 'n holistiese vergoedingstrategie word van naderby bekyk en beskryf Die teoretiese oorsig dek ook onder andere die redes waarom organisasies bandverbreding implementeer, die gereedheid van organisasies vir die bandverbredingsproses, die praktiese probleme waarmee organisasies gekonfronteer word wanneer bandverbreding geimplementeer word en mites aangaande die proses. Twee Suid-Afrikaanse organisasies binne die finansieledienste bedryf wat bandverbreding in sy voile omvang geimplementeer het, het die basis gevorm van die ondersoek. Die faktore wat aanleiding gegee het tot die implementering van bandverbreding, en wat die gereedheid van die organisasie beinvloed het, die potensiele struikelblokke, die ontwerp van die bandverbredingstrukture asook die implementeringsproses wat beide organisasies gevolg het, het die navorser in staat gestel om 'n aanbeveling to maak aangaande 'n implementeringsmodel. Die implementeringsmodel, wat beskou kan word as 'n opsomming van die bevindinge van die navorsing, beveel aan dat bandverbreding as deel van 'n holistiese vergoedingstrategie geimplementeer word en dat die proses deur 'n vergoedingsfilosofie, wat die bandverbredingsfilosofie komplimenteer, ondersteun word. Dit is egter duidelik dat alhoewel die bandverbredingskonsep 'n groot bydrae kan maak tot die vestiging van die modeme organisasie, die sukses daarvan opgesluit le in die effektiewe implementering en toepassing daarvan.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:2589
Date16 August 2012
CreatorsKruger, Peet
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0017 seconds