Return to search

Judicial management as a technique for corporate rescue. A comparison with English and Australian law.

Thesis (LLM)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Judicial management has been part of South African company law since 1926. It was
introduced as a procedure to provide for a corporate rescue. Judicial management has
changed little since its introduction. This is in stark contrast with the position in other
jurisdictions where the need for improved corporate or business rescue procedures has
received considerable attention in the last few decades.
This thesis examines the suitability of judicial management as a business rescue
procedure for the current South African circumstances and compares it to similar
mechanisms in England and Australia.
The modem economy relies on credit. Furthermore the globalisation of markets and
the increase in competition between enterprises add to the unpredictability of an
enterprise's economic circumstances. Thus, one of the important objectives of a
corporate insolvency regime is the preservation of viable economic enterprises. A
business rescue procedure such as judicial management is therefore an essential
component of a corporate insolvency regime.
However, judicial management needs reform. The existing shortcomings of judicial
management include its high cost, the appointment of professional liquidators as
business rescuers, the lack of a business rescue culture, the absence of an approved
rescue plan, the treatment of judicial management as an extraordinary measure in
corporate insolvency and the use of section 311 of the Companies Act as a corporate
rescue mechanism. This thesis proposes that judicial management should commence with a mere
resolution by the directors. This is less cumbersome than the existing procedure to
commence judicial management comprising a court order. Judicial management
triggers a stay of limited duration on legal proceedings that provides an essential
breathing space to devise and implement a rescue plan.
Once judicial management commences the creditors should hold the power to decide
on the future of the company. They can therefore accept or reject a rescue plan
(prepared by the judicial manager) for the restructuring of current rights and
obligations and for the future management of the company. During judicial management and the execution of the rescue plan, control of the
company's assets vests in the judicial manager and directors lose their powers of
management. Judicial managers should be encouraged to make a success of judicial
management by providing that the judicial manager cannot be appointed as the
liquidator in a subsequent liquidation. Furthermore, the burden of the costs of judicial
management could be eased by providing a more flexible system for the remuneration
of the judicial manager.
A statutory business rescue procedure interacts with other components of an
insolvency regime and other areas of law. In order to optimise the positive effects of a
business rescue procedure certain changes are proposed regarding statutory provisions
on insolvent trading, the phenomenon of phoenix companies, section 311 of the
Companies Act and tax legislation. The thesis also proposes a smooth transition from
judicial management to voluntary liquidation.
The thesis has an annexure with draft legislation to give effect to the principal changes
proposed by it for the Companies Act. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Geregtelike bestuur is reeds sedert 1926 deel van die Suid-Afrikaanse
maatskappyereg. Dit is ingestel as 'n prosedure om maatskappye van ondergang te red.
Geregtelike bestuur het sedertdien min verander. Dit is in skerp teenstelling met ander
jurisdiksies wat die afgelope paar dekades toegewy gewerk het aan prosedures om
korporasies en besighede te red.
Hierdie tesis ondersoek die toepaslikheid van geregtelike bestuur as 'n prosedure om
in die huidige Suid-Afrikaanse omstandighede besighede van ondergang te red en
vergelyk dit met soortgelyke prosedures in Engeland en Australië.
Moderne ekonomieë se afhanklikheid van krediet, die globalisering van markte en die
toename in mededinging tussen ondernemings dra by tot die wisselvallige ekonomiese
omstandighede van 'n onderneming. Die redding van lewensvatbare ondernemings is
gevolglik 'n belangrike doelstelling van korporatiewe insolvensiereg. Daarom is 'n
prosedure soos geregtelike bestuur om ondernemings te red 'n onontbeerlike element
van korporatiewe insolvensiereg.
Geregtelike bestuur moet egter hervorm word. Geregtelike bestuur het verskeie
tekortkominge waaronder hoë regskoste, die aanstelling van professionele
likwidateurs as persone om ondernemings te red, die gebrek aan 'n kultuur om
ondernemings te red, die afwesigheid van 'n goedgekeurde reddingsplan, die hantering
van geregtelike bestuur as 'n buitengewone remedie in korporatiewe insolvensiereg en
die gebruik van artikel 311 van die Maatskappywet as 'n meganisme om maatskappye
van likwidasie te red. Die tesis stel voor dat geregtelike bestuur met 'n blote direksiebesluit in werking
gestel word. Dit is minder belemmerend as die hofbevel waarmee geregtelike bestuur
tans begin word. Geregtelike bestuur stel'n moratorium van beperkte duur in werking
waartydens geen geregtelike prosesse teen die maatskappyaanhangig gemaak of
voortgesit kan word nie. Dit gee die maatskappy die nodige grasie om 'n reddingsplan
uit te werk en te implementeer.
Opsomming
Geregtelike bestuur is reeds sedert 1926 deel van die Suid-Afrikaanse
maatskappyereg. Dit is ingestel as 'n prosedure om maatskappye van ondergang te red.
Geregtelike bestuur het sedertdien min verander. Dit is in skerp teenstelling met ander
jurisdiksies wat die afgelope paar dekades toegewy gewerk het aan prosedures om
korporasies en besighede te red.
Hierdie tesis ondersoek die toepaslikheid van geregtelike bestuur as 'n prosedure om
in die huidige Suid-Afrikaanse omstandighede besighede van ondergang te red en
vergelyk dit met soortgelyke prosedures in Engeland en Australië.
Moderne ekonomieë se afhanklikheid van krediet, die globalisering van markte en die
toename in mededinging tussen ondernemings dra by tot die wisselvallige ekonomiese
omstandighede van 'n onderneming. Die redding van lewensvatbare ondernemings is
gevolglik 'n belangrike doelstelling van korporatiewe insolvensiereg. Daarom is 'n
prosedure soos geregtelike bestuur om ondernemings te red 'n onontbeerlike element
van korporatiewe insolvensiereg.
Geregtelike bestuur moet egter hervorm word. Geregtelike bestuur het verskeie
tekortkominge waaronder hoë regskoste, die aanstelling van professionele
likwidateurs as persone om ondernemings te red, die gebrek aan 'n kultuur om
ondernemings te red, die afwesigheid van 'n goedgekeurde reddingsplan, die hantering
van geregtelike bestuur as 'n buitengewone remedie in korporatiewe insolvensiereg en
die gebruik van artikel 311 van die Maatskappywet as 'n meganisme om maatskappye
van likwidasie te red.
Nadat geregtelike bestuur in aanvang geneem het behoort die krediteure die mag te hê
om oor die toekoms van die maatskappy te besluit. Krediteure sou 'n reddingsplan (voorberei deur die geregtelike bestuurder) wat vir die herstrukturering van die regte
en verpligtinge van die maatskappy en vir sy toekomstige bestuur voorsiening maak
kon aanvaar of verwerp.
Gedurende geregtelike bestuur en die uitvoering van die reddingsplan vestig die
beheer oor die bates van die maatskappy in die geregtelike bestuurder. Die direksie
verloor terselfdertyd alle bestuursbevoegdhede. Geregtelike bestuurders behoort
aangemoedig te word om 'n sukses van die geregtelike bestuur te maak deur te bepaal
dat 'n geregtelike bestuurder nie as likwidateur aangestel kan word indien die
maatskappy uiteindelik gelikwideer word nie. Die las van hoë koste kan verlig word
deur 'n buigsame stelsel van vergoeding vir die geregtelike bestuurder in te stel.
'n Statutêre reddingsprosedure vir ondernemings staan in wisselwerking met ander
elemente van korporatiewe insolvensiereg en ander regsgebiede. Ten einde die
positiewe uitwerking van 'n reddingsprosedure vir ondernemings te optimaliseer word
sekere veranderinge ten opsigte van die wetgewing met betrekking tot handeldryf in
insolvente omstandighede, die verskynsel van "phoenix" maatskappye, artikel 311 van
die Maatskappywet en belastingwetgewing voorgestel. Die tesis stelook 'n gladde
oorskakeling van geregtelike bestuur na vrywillige likwidasie voor.
Die tesis sluit ook 'n aanhangsel met voorgestelde wetgewing in om uitvoering te gee
aan die belangrikste veranderinge aan die Maatskappywet wat in die tesis voorgestel
word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/97516
Date03 1900
CreatorsKloppers, Pieter W
ContributorsButler, David, Stellenbosch University. Faculty of Law. Department of Mercantile Law.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxxiii, 233 leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0032 seconds