Return to search

Modelling the effect of human-caused mortality on a lion sub-population using spreadsheets

Thesis (MScFor)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Free-ranging lions (Panthera leo) in the Kgalagadi Transfrontier Park (KTP) have been
subject to persecution by farmers following livestock depredation in adjacent grazing areas. In
recent years at least one adult female was killed annually from a sub-population of five
boundary prides that have home ranges adjoining these livestock grazing areas. While no
long-term records of human-caused mortality are available, the impact of current rates of
human-caused mortality is uncertain. Female-based, age-structured models were thus used to
estimate the long-term viability of the KTP lion sub-population subjected to human-caused
mortality under deterministic and stochastic environmental conditions. Population parameters
incorporated in the models included age-class specific natural mortality, female fecundity and
birth sex ratio. In so doing sustainable threshold rates of persecution were established, so that
effective conservation measures can be taken, if required, to ensure the continued survival of
boundary prides in the park.
Sensitivity analyses of natural survival rates indicated that adult female survivorship is the
most important population parameter with respect to maintaining population viability,
compared to younger female age-classes, fecundity or birth sex ratio. Hence adults were also
the most sensitive age-class with respect to human-caused mortality, as adult survival
repeatedly acts upon individuals with the highest reproductive value. In the deterministic
model, with the most optimistic survival parameter values, fecundity and birth sex ratio
(female-biased) estimates, the sub-population is only able to sustain an annual persecution of
three adult females, before the sub-population exhibits a sustained decline. In the worst-case
scenario, where fecundity and sex ratio estimates are at their lower extremes, the maximum
sustainable age-class specific persecution rate is zero, for all age-classes. Whilst these
hypothetical scenarios are unrealistic, they do highlight the extreme thresholds of potentially
sustainable persecution rates. Under the most optimistic scenario using the stochastic model,
the highest achievable survival probability of the sub-population, when subjected to a
persecution rate of one adult annually, was 78%. Although increased fecundity and birth sex
ratio biased towards females may increase the survival probability, these parameters are
generally at their mean values in the long-term, and may thus not necessarily prevent a
sustained population decline. The models therefore suggest that the current persecution rate of
one adult annually (or 4% of the adult sub-population), appears unsustainable in the longterm.
To ensure the survival of existing boundary prides and to maintain a viable subpopulation,
adult lionesses should, as far as possible, be afforded protection from persecution. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Vrylewende leeus (Panthera leo) in die Kgalagadi Oorgrenspark (KTP) is onderworpe aan
vervolging deur boere as gevolg van predasie op vee in aangrensende weidingsgebiede. In
onlangse jare is ten minste een volwasse wyfie uit ‘n subpopulasie van vyf troppe met
loopareas wat aan die weidingsgebiede grens, jaarliks uitgewis. Geen langtermyn rekords van
vrektes as gevolg van menslike oorsake is beskikbaar nie, en die impak van vrektes wat deur
mense veroorsaak word, is dus onseker. Wyfie-gebaseerde, ouderdomgestruktureerde
modelle is daarom gebruik om te voorspel wat die langtermyn lewensvatbaarheid is van die
KTP leeu subpopulasie wat onderworpe is aan vrektes deur menslike invloede onder
deterministiese en stogastiese omgewingsfaktore. Bevolkingsfaktore wat deur die modelle in
ag geneem is, sluit ouderdomsgroep-spesifieke natuurlike vrektes, aanwas van wyfies en
geboorte geslagsverhouding in. Sodoende is volhoubare uitwissingstempos bepaal sodat,
indien nodig, effektiewe bewaringsmeganismes toegepas kan word om die voortbestaan van
troppe in die grensgebiede van die park te verseker.
Sensitiwiteitsanalises van natuurlike oorlewingstempos het aangetoon dat volwasse wyfies se
oorlewing die belangrikste bevolkingsfaktor is om die bevolking se lewensvatbaarheid te
volhou vergeleke met jonger wyfie ouderdomsgroepe, aanwas of geslagsverhouding by
geboorte. Daarom was volwassenes ook die sensitiefste vir vrektes as gevolg van menslike
invloede, omdat die oorlewing van volwassenes herhaaldelik inwerk op individue met die
hoogste reproduktiewe waarde. In die deterministiese model met die mees optimistiese
oorlewing, aanwas en geboorte verhouding (wyfie-gebasseerde) beramings, is die subpopulasie
slegs in staat om ‘n jaarlikse uitwissing van drie volwasse wyfies te onderhou,
voordat die sub-populasie ‘n volgehoue afname toon. In die uiterste geval waar aanwas en
geslags verhouding skattings op die laagste is, is die maksimum volhoubare ouderdomsklasspesifieke
beramings nul vir alle ouderdomsklasse. Terwyl hierdie hipotetiese senario’s
onrealisties is, onderstreep dit die uiterste vlakke van potensiële volhoubare
uitwissingstempos. Onder die mees optimistiese senario – ‘n uitwissingstempo van een
volwassene jaarliks – met die gebruik van die stogastiese model, was die hoogste haalbare
oorlewingswaarskynlikheid van die sub-populasie 78%. Alhoewel ‘n toename in aanwas en
geboorte geslagsverhouding (met oorhelling na wyfies), ‘n toename in
oorlewingswaarskynlikheid tot gevolg kan hê, is hierdie faktore oor die algemeen gemiddeld
oor die langtermyn en sal dit nie noodwendig ‘n volgehoue afname in die populasie verhoed
nie. Die modelle dui daarop dat die huidige uitwissingstempo van een volwassene (of 4% van die volwasse sub-populasie) op ‘n jaarlikse grondslag onvolhoubaar is oor die langtermyn.
Om die oorlewing van bestaande troppe in die grensgebiede, asook ‘n lewensvatbare subpopulasie,
te verseker, moet volwasse leeuwyfies so ver as moontlik teen vervolging beskerm word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50025
Date03 1900
CreatorsHerrmann, Eric
ContributorsMilton, S. J., Van Vuuren, J. H., Funston, P. J., Stellenbosch University. Faculty of Agrisciences. Dept. of Forest and Wood Science.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format59 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0024 seconds