Return to search

Korpusanalise van Afrikaanse eksosentriese komposita

Text in Afrikaans / In hierdie verhandeling word 'n voorlopige bestekopname van Afrikaanse ekosentriese komposita aangebied. Die korpus waaruit voorbeeldmateriaal geput is, sluit leksikografiese en akademiese werke, asook die spreektaal in. Na aanleiding van 'n komparatiewe bespreking van morfologiese, kategoriale en semantiese onderskeidingskenmerke van ekso- en endosentriese komposita, word daar tot die gevolgtrekking gekom dat die onderskeid tussen eksosentriese en endosentriese lekseme noodsaaklik is.

Eksosentriese komposita word deurgaans bespreek as 'n prototipiese kategorie, met kern- en randelemente. Anders as by endosentriese samestellings, ontbreek 'n hipnimie-relasie tussen prototipiese eksosentriese samestellings en enige van hul konstituente. Alhoewel eksosentriese komposita uiteraard dubbelsinnig en semanties ondeursigtig is, is die ondeursigtighied gradeerbaar, vanaf redelik deursigtig tot heeltemal ondeursigtig.

'n Inventaris word aangebied van eksosentriese samestellings, soos dit verdeel kan word in subgroepe op grond van ontstaanswyses, semantiese kenmerke en strukturele kenmerke van die woorde. Ten slotte word die verdere studie van funksionele aspekte van eksosentriese komposita in die vooruitsig gestel. / Afrikaans & Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/1545
Date01 January 2002
CreatorsVan Niekerk, Lariza
ContributorsPieterse, H. J., 1960-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (166 leaves)

Page generated in 0.0026 seconds