Return to search

Selfstandige naamwoord in Kwanyama

In die verre noorde van Suidwes-Afrika is n aantal
inboorlinggebiede gelee wat vanaf die weskus tot by die
Caprivistrook in die ooste strek. In die weste, met
die Kunenerivier as noordelike en die Atlantiese Oseaan
as westelike grens, le 'n ruwe bergagtige gebied wat as
die Kaokoveld, of deesdae Kaokoland bekend staan. Dit
is die tuisland van die Hererosprekende Himba. In die
ooste, afgesien van die nog verder oos gelee Caprivistrook,
le die Kavango-tuisland. Hier woon die Kwangali,
Shambyu, Gciriku en Mbukushu. Tussen hierdie twee gebiede
le Owambo, tuiste van die Wambo. Dit is verreweg
die digsbewoonde gebied in S.W.A. en het 'n bevolking
van meer as 300,000. Ofskoon polities en etnies saamgesnoer,
word die Wambo in agt stamme verdeel waarvan
die KWANYAMA en Ndonga, hoofsaaklik vanwee hul getalsoorwig
en as gevolg van sendingaktiwiteite, die vernaamstes
is. Indien die.grens tussen Angola en S.W.A. buite
rekening gelaat word, sou die KWANYAMA na skatting twee
keer soveel as die Ndonga kon tel, ongeveer 140,000 teenoor
70,000. Die tale van die onderskeie groepe is dialekties aan mekaar verwant en is onderling verstaanbaar.
Sowel KWANYAMA as Ndonga word in Owambo as amptelike tale
erken. Die vernaamste verskille tussen die twee le in
die eerste plek in die klankstelsel en fonologie en in
die tweede plek in die woordeskat, terwyl die morfologie
slegs enkele wesenlike verskille toon. In hierdie studie
sal verwysings na Ndonga soms onvormydelik wees.
'n Aanhaling uit 'n uitgawe van "Bantu-Studies"
(Doke, Maart 1933, p.26) mag die toestand van ons kennis
van prof. Doke se suidwestelike Bantoetaalgroep paslik illustreer: "We confess, however, that in this field
we are sadly lacking in information, as to the population
involved and the relative importance to-day of
these languages, and can make no definite suggestions
of value until the necessary survey has been undertaken.
Die behoefte aan meer ontsluitende kennis van genoemde
taalgroep bestaan in 'n groot mate vandag nog. Ofskoon
die selfstandige naamwoord in KWANYAMA maar een aspek
is, en daar slegs aan geraak word, mag dit moontlik 'n
bydrae tot ons kennis van die Suidwestale lewer. / African Languages / M.A. (Bantoetale)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/27736
Date January 1971
CreatorsZimmermann, Wolfgang
ContributorsZiervogel, D.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Formatix, 140 pages, application/pdf

Page generated in 0.0803 seconds