Return to search

Bepalende persoonlikheidskenmerke in die salutogeniese paradigma / Determining personality characteristics in the salotogenic paradigm

Afrikaans text / In hierdie navorsing is die waarde van salutogenese as paradigma in gesondheid­

sielkunde krities beskou en salutogenese as konstruk ondersoek. Antonvosky (1979) se aanspraak
dat salutogenese 'n nuwe paradigma verteenwoordig, is krities teen die agtergrond van Kuhn se
wetenskapsbeskouing en die metaforiese gebruik van die paradigmabegrip in die geesteswetenskappe
geevalueer. Met die navorsing is bevind dat salutogenese wei as paradigma in gesondheidsielkunde
funksioneer. Die verskille tussen salutogenese en patogenese in terme van aannames. metodologie,
teoretiese onderbou en gedeelde waardes is om voldoende tot die slotsom te kom dat
salutogenese in die vorm van 'n mini-revolusie akkumulatief tot navorsingsprestasie bydra. Daar
word aanbeveel dat die paradigma eksplisiet gestel word ten einde navorsing volgens die
salutogeniese beginsels te rig.


Ten einde die konstruk 'salutogenese' te belig en bepalende persoonlikheidskenmerke in die
salutogeniese paradigma te identifiseer, is 'n steekproef van 1983 voorgraadse
studente aan UNISA geselekteer, in twee groepe verdeel, naamlik Blankes en Ander,

en vraelyste wat koherensiebelewing, persoonlikheidsgehardheid, potensie, aangeleerde
vindingrykheid, lokus van kontrole en selfdoeltreffendheid meet, is afgeneem. Die onderliggende
dimensies van die konstrukte is deur faktorontleding blootgele. Produkmomentkorrelasies is
bereken en tweede- ordefaktorontledings en bevestigende faktoranalises is uitgevoer.


Die empiriese resultate dui daarop dat vir die Blankes aldie persoonlikheidskenmerke tot die
konstruk bygedra het, terwyl aangeleerde vindingrykheid nie by die Ander tot salutogenese bygedra
het nie. In terme van bepalende persoonlikheidskenmerke is by die Blankes bevind dat
salutogenese uit twee tot drie dimensies bestaan. 'n Optimistiese lewensuitkyk, aktiewe
betrokkenheid by die omgewing, spesifieke gedragsvaardighede wat streshantering vergemaklik en 'n
persepsie van hulpbron­ beskikbaarheid is die ge'ldentifiseerde bepalende salutogeniese
kenmerke.
Vir die Ander het resultate aangetoon dat salutogenese 'n eendimensionele konstruk

is wat verteenwoordigend is van 'n individu wat oor 'n optimistiese lewensuitkyk beskik, stimuli
as verstaanbaar en betekenisvol waarneem en op grond daarvan aktief by die
leefwereld betrokke is. Salutogenese manifesteer dus verskillend by die onderskeie
kultuurgroepe en die onderliggende meganismes en dinamika wat tot salutogenese lei, toon oak
kulturele verskille. Bevestigende faktorontledingsresultate toon aan dat al die dimensies van
salutogenese nog nie gei"dentifiseer is nie en daar word aanbeveel dat salutogenese verder binne 'n
oorkoepelende persoonlikheidsteorie ondersoek meet word. In bedryfsielkundige praktyk kan
salutogenese gebruik word om stres­ weerbaarheid te verhoog. / In this research salutogenesis as new paradigm in health psychology was critically evaluated and
salutogenesis as construct was clarified. Antonovsky's claim that salutogenesis is a new paradigm
was evaluated against the background of Kuhn's view of science and the metaphorical use of the term
'paradigm' in the social sciences. This research concludes that salutogenesis is indeed a new
paradigm in health psychology. Salutogenesis and pathogenesis differ sufficiently in terms of
assumptions, methodology, specific theories and shared values that salutogenesis, as a mini
revolution, contributes to accumulative scientific performance. The paradigm should however be
stated explicitly in order to govern research according to salutogenic values.


In order to clarify salutogenesis as construct and to identify determining personality
characteristics in the salutogenic paradigm, a sample of 1983 undergraduate students from Unisa was
selected, divided into two groups, namely Whites and Other, and
questionnaires measuring sense of coherence, hardiness, potency, learned

resourcefulness, locus of control and self-efficacy were administered. Factor analysis clarified
the constructs' underlying dimensions. Product moment correlations were calculated, second-order
and confirmatory factor analysis performed in order to clarify the structure of salutogenesis.


The results identified that for the Whites all the personality characteristics contributed while
learned resourcefulness did not contribute to salutogenesis for the other group. In terms of
determining personality characteristics it was found for the White group that salutogenesis is a
two or three dimensional construct consisting of an optimistic outlook and active participation in
life's demands, specific behavioral skills that aid stress management and a perception of resource
availability.
For the other group, results indicated that salutogenesis is a unidimensional construct

which is respresentative of an individual that has an optimistic outlook on life, evaluates

stimuli as comprehensible and is actively involved in his/her own life. Salutogenesis thus manifest
differently in different cultures and the underlying mechanisms and dynamics, leading to a
salutogenic orientation, show cultural differences. Confirmatory factor analysis indicate that all
dimensions of salutogenesis have not been identified and it is recommended that salutogenesis be
studied within a broad personality theory. Salutogenesis can be used in industrial psychology to
enhance individual stress resistance. / Industrial and Organisational Psychology / D. Litt. et Phil. (Bedryfsielkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/15880
Date06 1900
CreatorsBreed, Marita
ContributorsCilliers, Frans
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xvii, 291 leaves)

Page generated in 0.0026 seconds