Return to search

Die verband tussen geslag en die bestuurstyl van die vroulike departementshoof / Magdalena Susanna Grobler

In hierdie skripsie word die verband tussen geslag en die bestuurstyl van die
vroulike departementshoof in Afrikaansmedium sekondêre skole in die
voormalige Noord-Transvaal- en Oos- Transvaalstreke ondersoek.
Deur middel van 'n literatuurstudie is vasgestel wat die aard en wese van 'n
bestuurstyl is. Bestuurstyle wat op enkele bestuursruite gebaseer is, asook
bestuursbeginsels en leierskapstyle wat dien as bestuurstyle, is ondersoek. Dit
is gevolg deur die determinante wat 'n bestuurstyl bepaal en die determinante
wat geleë is in die onderwysbestuurder, die bestuursomgewing en in die
personeel.
Vervolgens is vasgestel hoe die bestuurstyl van die vroulike departementshoof
lyk. 'n Oorsig is verkry oor die kenmerke van die vroulike departementshoof se
bestuurstyl en daarna is die beplanningstyl, organiseringstyl, leidinggewingstyl
en beheeruitoefeningstyl bespreek, asook die determinante van die vroulike
departementshoof se bestuurstyl.
'n Empiriese ondersoek het die manlike en vroulike departementshoofde se
selfpersepsie oor sy en haar bestuurstyl aan die lig gebring. Die enkele verskille
in die response ten opsigte van die belangrikheid en die mate van gebruik van
die verskillende bestuurstyle is vervolgens bespreek.
Ten slotte is gevolgtrekkings gemaak oor die verband tussen geslag en die
bestuurstyl van die vroulike departementshoof en enkele aanbevelings is
gemaak. / Skripsie (MEd (Onderwysbestuur))--PU vir CHO, 1997

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/8991
Date January 1997
CreatorsGrobler, Magdalena Sussana
PublisherPotchefstroom University for Christian Higher Education
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.002 seconds