Return to search

Die kerklike lewe van die Afrikaners in Argentinië, 1903-1915 / F.R.P De Bruyn

Nêrens anders in my lewe het ek die hand van die Here so
duidelik bemerk soos in die studie wat ek onderneem het
nie.
In 1969 het ek n beroep na die Gereformeerde gemeente
Zastron in die Suidoos-Vrystaat aanvaar. Op daardie
stadium het die gemeente bestaan uit 99 belydende lidmate,
versprei oor 6 distrikte. Spoedig na my intrek
in die nuwe gemeente het daar n daling in die lidmatetal
voorgekom sodat die voortbestaan van die gemeente
in gedrang gekom het. En so het ek na een jaar en vier
maande se bearbeiding aldaar weer van Zastron vertrek.
Maar daar moes ek in aanraking kom met die gesin Olivier
wat in 1948 uit Argentinië na Suid-Afrika teruggekeer
het.
Op hierdie stadium was ek reeds besig met nagraadse
studie met kerkgeskiedenis as hoofvak. Ek moes n
onderwerp vind waaroor ek ʼn verhandeling moes skryf.
Dit was hier in Zastron, rondom die “asados” wat ek
saam met die gesin geniet het, wat dit my te binne
geskiet het: "Maar wat van die kerkgeskiedenis van die
Afrikaners in Argentinië? Dit is n terrein wat nog
nooit vantevore deur iemand gedek is nie”.
My opgewondenheid was groot. Dit was soos die ontdekking
van 'n ryk diamantmyn, en sonder veel inspanning
kon ek reeds die een na die ander diamant na buite
bring waarin die volmaaktheid van God se raad ook t.o.v.
Sy kerk in Argentinië geblyk het. / Thesis (MTh)--PU vir CHO.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/4152
Date January 1974
CreatorsDe Bruyn, Frans Roelf Petrus
PublisherPotchefstroom University for Christian Higher Education
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0029 seconds