Die tema van hierdie verhandeling is 'n vergelykende
studie van die kategorie enkeling by Soren Kierkegaard en Max
Stirner met die doel om punte van ooreenkoms en basiese verskille
uit te wys. Daar word gepoog om deur 'n analise van
begrippe wat binne die kategorie van die enkeling val, nuwe
lig te werp op die twee denkers se filosofie. Hierdie probleemstelling
bring mee dat daar gedurig vergelykend gewerk
word, maar dat die uiteensetting ook beperk word tot daardie
basiese begrippe wat die vergelyking duidelik na vore bring.
So word in hoofsaak dan die volgende behandel:
Die probleem van denke en syn soos dit by die twee denkers
voorkom, word ondersoek. Beide Kierkegaard en Stirner stel
die eksisterende enkeling as die sentrale begrip in die soeke na 'n relasie tussen denke en syn. Belangrike verwante eksistensiebegrippe
kom voorts onder bespreking; die stel van die self en selfkeuse, selfbewussyn, moontlikheid en wording,
eksistensie, essensie, reele en ideele syn. By die ontleding
van hierdie begrippe word duidelik aangedui hoe verskillend
die antwoorde was wat Kierkegaard en Stirner gegee het in die
lig van die filosofiese probleme van hulle tyd. Wanneer
Kierkegaard die enkeling stel as eindig-oneindig word die
moontlikheid meteen gestel vir 'n relasie van die enkeling
tot God, terwyl Stirner die enkeling slegs as oneindig sien.
Die begrippe "sprong" en "oomblik" gee die sleutel tot die
verstaan van Kierkegaard se filosofie en stel meteen ook die
moontlikheid dat 'tiie enkeling voor God" kan staan. Stirner
en Kierkegaard se beskouing van "gees" is wyd ui teenlopend en
illustreer duidelik Stirner se negatiewe denke en Kierkegaard
se positiewe siening. Kierkegaard stel die begrip subjektiwiteit
as antwoord op die vraag na die waarheid, terwyl
Stirner ook van hierdie prinsipe uitgaan, maar 'n heel ander
resultaat bereik.
Kierkegaard stel die moontlikheid van 'n etiese
lewe waarin die enkeling hoër as die universele is. Be ide
Stirner en Kierkegaard trek te velde teen die moraliteit van
hulle tyd, maar op heel verskillende wyse - dit blyk veral uit
die inhoud wat hul gee aan begrippe soos "vryheid" en "massa".
Kortliks word aangedui hoe Kierkegaard se filosofie uitloop
op die finale stadium van religieusiteit deur die stel van
begrippe soos sonde, skuld, angs ens. Stirner verwerp alle vorme van godsdiens as blote verbeeldingsvlugte.
Die resultaat van die studie is dat hoewel daar
enkele ernstige besware ingebring kan word teen Kierkegaard
se siening van die "enkeling", hy nogtans 'n baie belangrike
bydrae tot die filosofie lewer. Die positiewe van sy siening lê juis daarin dat die "enkeling" oop is vir 'n relasie tot
die jy en veral die U. Stirner se beskouing loop uit op 'n
volslae skeptisisme en is volledig onvrugbaar. Stirner en
Kierkegaard se uiteindelike siening van die "enkeling" is
wyd uiteenlopend en die basiese verskil kan reeds aangetoon
word in die gebruik van die terme "Einzige" en "Einzelne";
Kierkegaard se "enkeling" is uniek en enig op 'n heel ander
wyse dan Stirner se "enkeling". / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1971. / gm2014 / Anthropology and Archaeology / unrestricted
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/37271 |
Date | January 1971 |
Creators | Du Toit, Andrew Pieter |
Contributors | Dreyer, P. S. |
Publisher | University of Pretoria |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Rights | © 1971 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. |
Page generated in 0.0022 seconds