Return to search

Interregnum in Providence : the fragmentation of narrative as quest in the prose fictions of Heman Melville

Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Herman Melville (1819-1891) remains a recalcitrant and enigmatic presence in the Western
canon. This dissertation explores the radical narrative strategies engaged by Melville in the
composition of his prose fictions. It is my contention that Melville's writings to an important
degree constitute a subversive response to the privileged apocalyptic and teleological narratives
of the day-national, ontological, metaphysical, and literary, or aesthetic-and that he primarily
engages these narratives in terms of the archetypal symbolism of the romantic quest. Against this
linear and goal-oriented, or plotted, progress, Melville's own narratives assert the nonredemptive
forces of time, change, and natural flux, which the quest is symbolically meant to
conquer and subject to a redemptive pattern.
Melville's critique of the quest takes the shape of a radical fragmentation of its agonistic,
evolutionary force-its progress-which is always directed towards a resolvent end. In this
sense, most of his protagonists may be defined as questers, characters who seek, by some
(individuating) action, to achieve a monumental point of closure. But the Melvillean narrative
(even when narrated by the protagonist) always resists this intention. His rhetoric is digressive
and improvisational, his style heterogeneous and parodic, and his endings always indeterminate
and equivocal. Significantly, this same quality renders his prose fictions highly resistant to an
apocalyptic hermeneutics that strives to redeem the monumental "meaning" of the work from the
narrative itself.
The destabilising questions raised in Melville's work with regard to redemptive plot and
progress ultimately centre on the idea of Providence, in other words, the authorising telos that
informs, governs and justifies the quest. By fragmenting this quest, Melville undermines the
effective presence of Providence, clearing away what he perceives to be an illusion of control
harboured in a dual but related image of the providential God and the providential author as
external, "metaphysical" authorities directing their worlds in terms of a master plan toward final
and meaningful closure. Melville's fiction, then, imaginatively (and philosophically) engages a
world in which such stable authorising centres are absent. It is in terms of this absence that I
intend to examine the nature of Melville's prose fictions. The focus in this dissertation is
specifically on Typee, Omoo, Mardi, Redburn, White-Jacket, Pierre, Israel Potter and The
Confidence-Man. Throughout, however, the canonical Moby-Dick and the unfinished and
posthumous Billy Budd, are also drawn into the discussion in order to clarify and extend the
points raised. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Herman Melville (1819-1891) bly 'n weerspannige en enigmatiese aanwesigheid in die Westerse
kanon. Hierdie verhandeling ondersoek die radikale narratiewe strategiëe wat deur Melville
ingespan is tydens die komposisie van sy fiksie in prosa. Ek gaan van die standpunt uit dat
Melville se werk tot 'n groot mate gedefinieer word deur 'n ondermynende reaksie teen die
bevoorregte apokaliptiese en teleologiese narratiewe diskoerse van sy tyd-nasionaal,
ontologies, metafisies, en literêr, of esteties-en dat hy hoofsaaklik hierdie diskoerse ondersoek
in terme van die argetipiese simboliek van die romantiese soektog of "quest." Teenoor hierdie
lineêre en doelgerigte, of beraamde ("plotted"), vooruitgang, beklemtoon Melville se eie verhale
die nie-verlossende kragte van tyd, verandering, en natuurlike stroming, dit wat die "quest"
simbolies beoog om te oorwin en onderwerp aan 'n verlossings-patroon.
Melville se kritiese beoordeling van die "quest" neem die vorm aan van 'n radikale
fragmentering van die opposisionele, evolusionêre krag---die progressie-wat altyd op 'n
beslissende slot gerig is. In hierdie sin kan ons die meerderheid van sy protagoniste as soekers
("questers") definieer, karakters wat poog, deur middel van die een of ander (individuerende)
handeling, om 'n monumentale slot te behaal. Maar die Melvilliese verhaal (selfs wanneer deur
die protagonis vertel) werk altyd dié voorneme teë. Sy retorika is uitwydend en improvisatories,
sy styl heterogeen en parodies, en sy slotte altyd onbeslis en dubbelsinnig. Dit is aanmerklik dat
hierdie einste eienskap sy fiksie hoogs weerstandig maak teen 'n apokaliptiese hermeneutiek wat
poog om die monumentale "betekenis" van die werk uit die narratief self te herwin of "verlos."
Die ondergrawende vrae wat in Melville se werk ten opsigte van die beslissende verloop
("plot") en progressie geopper word word uiteindelik grotendeels gekoppel aan die idee van die
Voorsienigheid, met ander woorde, die outoriserende telos wat die "quest" beïnvloed, regeer en
regverdig. Deur die "quest" te fragmenteer, ondermyn Melville die effektiewe teenwoordigheid
van die Voorsienigheid, en verwyder daarmee dit wat hy ervaar as 'n illusie van beheer wat
behoue bly in die dubbele beeld van die bestierende God en die bestierende outeur as eksterne,
"metafisiese" outoriteite wat hulle wêrelde in terme van 'n uitgewerkte plan na 'n finale en
betekenisvolle einde lei. Melville se fiksie, dus, op verbeeldingsryke (en filosofiese) wyse, stel 'n
wêreld daar waarin sulke outoriserende sentra afwesig is. Dit is in terme van hierdie afwesigheid
wat ek beoog om die aard van Melville se fiksies te ondersoek. Hierdie verhandeling fokus op
Typee, Omoo, Mardi, Redburn, White-Jacket, Pierre, Israel Potter en The Confidence-Man. Die
kanonieke Moby-Dick en die onvoltooide en postume Billy Budd word egter deurgaans in die
bespreking opgeneem ter wille van die duidelikheid en uitbreiding van die argument.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53472
Date04 1900
CreatorsDe Villiers, Dawid Willem,1972-
ContributorsGreen, Brian, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of English.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format356 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.009 seconds