Summaries in Afrikaans and English / Hedendaagse onderwys staan voor 'n omvattende voorligtings- en opleidingsopgawe om
die jeug toe te rus om die arbeidsmark as entrepreneurs te betree. Onderwysers word
toenemend voor die eis gestel om as fasiliteerders op te tree om leerlinge te begelei om
beter by die eise van veranderende omstandighede, nuwe tegnologie en inligting aan te
pas. In hierdie konteks vorm entrepreneurskapsgerigte onderwys een van die mees eietydse
temas wat die onderwys moet aanspreek.
Hoewel die voorsiening van entrepreneurskapsgerigte onderwys reeds in die nuwe
Norme en standaarde vir onderwyseropleiding as 'n kruiskurrikulere aangeleentheid
beskryf word, is die behoefte aan 'n omvattende entrepreneurskapsontwikkelingstrategie
nog nie voldoende aangespreek nie. In 'n antwoord op hierdie leemte word 'n
voorgestelde implementeringstrategie vir entrepreneurskapsgerigte onderwys in hierdie
studie ontwikkel.
In die verloop van die ondersoek moes daar deeglik rekening gehou word met aspekte
soos:
• die rol en betekenis van entrepreneurskap in die Suid-Afrikaanse skolekonteks;
• faktore wat entrepreneuriese sukses of mislukking onderle;
• die ontwikkeling van 'n positiewe entrepreneuriese ingesteldheid en entrepreneuriese
vaardighede en
• plaaslike en oorsese inisiatiewe om entrepreneurskap m die skoolkonteks te
bevorder.
In die empiriese ondersoek is die uitgangspunt gehuldig dat onderwysers se menings van
deurslaggewende belang is om 'n entrepreneurskapsontwikkelingstrategie te rig.
Onderwysers se menings is in elk van die volgende ondersoekvelde nagevors:
• Onderwysers se toegerustheid om entrepreneurskapsgerigte onderwys aan leerlinge
te voorsien;
• Onderwysers se eie implementering van entrepreneurskapsgerigte onderwys;
• Die behoefte by leerlinge aan entrepreneurskapsgerigte onderwys;
• Onderwysers se geslaagdheid om entrepreneurskapsgerigte onderwys te
implementeer;
• Die aangewesenheid van entrepreneurskapsgerigte onderwys as 'n
onderwyseropgawe.
Die navorsingsresultate is aangewend om binne die raamwerk van die Suid-Afrikaanse
skolekonteks en onderwysbeleid 'n strategie voor te stel om entrepreneurskapsgerigte
onderwys te implementeer. Die onderwys kan hierdeur 'n aansienlike bydrae lewer om
die jeug voor te berei om as volwaardige en verantwoordelike landsburgers hulle plek in
die samelewing vol te staan. / Education today stands before the comprehensive task to empower our youth through
appropriate guidance and training to enter the job market as entrepreneurs. Teachers are
increasingly put to the task to act as facilitators in their guidance of the youth to adapt
more effectively to changing circumstances, new technology and information. Within
this context, education directed to entrepreneurship forms one of the most timely issues
that education should address.
Although the provision of education directed to entrepreneurship has been described as
a cross curricular concern within the new Norms and standards for teacher education it
does not provide in the need for a comprehensive strategy to develop entrepreneurship
in education. In an answer to this deficiency, this study is directed to develop a proposed
implementation strategy to enhance entrepreneurship in education.
In the course of this investigation it was needed to thouroughly account with concerns
such as:
• the role and significance of entrepreneurship within the South African school
context;
• factors which underlie entrepreneurial success or failure;
• the development of a positive entrepreneurial attitude and entrepreneurial skills and
• local and foreign initiatives to enhance entrepreneurship within the school context.
In the empirical investigation the v1ew is held that teachers opm10ns is of crucial
importance to give direction towards a strategy to enhance entrepreneurship. Teachers
views are examened within each of the following fields of investigation:
• Teachers empoweredness to provide education directed to entrepreneurship to
students.
• Teachers own implementation of education directed to entrepreneurship
• Students need for education directed to entrepreneurship.
• Teachers sufficiency to implement education directed to entrepreneurship.
• The appropriateness of education directed to entrepreneurship as a teacher concern.
The results of the research is applied to propose an implementation strategy to enhance
education directed to entrepreneurship within the framework of the South African
school context and policy of education. The conclusion was reached that educators can
greatly contribute to prepare our youth so that they can take up their positions in the
community as responsible and able citizens. / Psychology of Education / D. Ed. (Psychology of Education)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/18127 |
Date | 11 1900 |
Creators | Maré, G. F. (Gerhard Francois), 1964- |
Contributors | Jacobs, L. J. (Louis Jacobus), 1946- |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 1 online resource (xxvi, 294 leaves) : illustrations |
Page generated in 0.0031 seconds