Maatskaplike Werk, as die uiting van n samelewing se bemoeienis
met mense in nood, word vir baie dekades reeds
deur welsynsinstansies beoefen. Welsynsinstansies is
egter nie vir alle persone in nood aanvaarbaar nie, sodat
diegene in die middel- en hoer inkomstegroepe nie juis by
maatskaplikewerk-hulpverlening uitkom nie.
In die VSA is dieselfde verskynsel gehanteer deur die instelling
van maatskaplikewerk-privaatpraktyk, wat tans daar
n omvangryke en gevestigde hulpverleningstruktuur is. Sedert
1970 het maatskaplike werkers in Suid-Afrika begin om privaatpraktyk
te oorweeg en het selfs daarmee begin eksperimenteer.
Dog, uiteenlopende standpunte, hetsy evolusionere
of revolusionere beskouings, word daaroor gehandhaaf.
Die doel van die ondersoeke is dus om te bepaal of privaatpraktyk
in Maatskaplike Werk bestaansreg het, of dit beskikbaar
en in privaatpraktyk bruikbaar is. Uit die bevindings
kan n model vir die instelling en instandhouding van n lewenskragtige
praktyk ontwikkel word.
Die ondersoek het bestaan uit n literatuurstudie en n empiriese
opname in ses stede van die land onder drie teikensisteme,
naamlik maatskaplikewerkers (privaatpraktisyns) en
nie-privaatpraktisyns) , kliente van welsynsorganisasies en
privaatpraktyke en lede van vyf ander hulpprofessies.
n Studiereis is na die VSA onderneem om privaatpraktyke te
bestudeer en n vergelykingsbasis vir die Suid-Afrikaanse
bevindings te kry.
Resultate uit die ondersoek dui daarop dat privaatpraktyk,
as hulpverleningstruktuur, n realiteit in die maatskaplikewerk-
professie is wat nie genegeer kan word nie. Die bestaansreg daarvan is teoreties kwalifiseerbaar, terwyl die
nodige sisteme bestaan om maatskaplikewerk-hulpverlening
privaat en onafhanklik van welsynsinstansies aan te bied.
Privaatpraktisyns verlang n infrastruktuur om hulle dienste
beter te organiseer, terwyl 97,8% van die nie-privaat-praktisyns
ten gunste van privaatpraktyk is, omdat dit n groter
beroepskeuse bied en die professie se selfstandige optrede
bevestig. Verbruikers van privaatpraktyk-dienste is oorwegend
tevrede, maar as gevolg van beperkte fondse kan die
meeste welsynsorganisasie-kliente nie privaatpraktyk-dienste
benut nie. Lede van die ander hulpprofessies dra nie voldoende
kennis van die maatskaplikewerk-hulpbron nie, maar
is oor die algemeen positief daaroor, hoewel net 52,9%
voorsien om dit te benut.
Indien maatskaplike werkers die nodige opleiding ondergaan,
konstruktief beplan, besigheidsbeginsels inkorporeer, die
diens bekendstel en kwaliteitdienste lewer, is n lewenskragtige praktyk verseker. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1984. / gm2014 / Social Work and Criminology / Unrestricted
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/42559 |
Date | January 1984 |
Creators | Botha, Laetitia |
Contributors | Van Rooyen, I. J. J. |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Rights | © 1984 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. |
Page generated in 0.0025 seconds