Return to search

Hoopvol en fiksie vir jong volwassenes (FJV) as selfstandige genre binne die Afrikaanse letterkunde

Hierdie mini-verhandeling ondersoek die ontwikkeling van die ouer jeugboek in
Afrikaans, sedert die politieke veranderinge in die negentigerjare. Daar word
aangetoon dat die einde van Apartheid die einde van die veilige voorskryfmark vir die
Afrikaanse jeugboek beteken het. Daar word ook aangetoon dat die ontwikkeling en
die geskiedenis van die Afrikaanse kinder- en jeugboek hand aan hand met die
ontwikkeling van die Afrikaner se politieke geskiedenis geloop het. Daar was 'n verdieping en ontwikkeling in die ouer jeugboek in Afrikaans sedert
1994, waarvan nog nie formeel kennis geneem word nie. Dié boeke word nog
gemaklik in die kinder- en jeugboekkategorie ingedeel, waar baie van hulle nie sonder
meer tuishoort nie. Volwassenelesers neem gewoonlik net van hulle kennis as hierdie
boeke publisiteit weens "omstrede" kwessies ontvang of in ander media soos rolprente
verwerk word. Daar is aangetoon dat die formele klassifikasie van die ouer jeugboek
baie van hierdie boeke van die erkenning en verkoopsyfers wat hulle verdien,
weerhou. Daar is gevolglik steeds 'n gebrekkige belangstelling vanuit akademiese
geledere in die Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur.
Ander redes wat die ontwikkeling van die ouer jeugboek in Afrikaans belemmer, soos
die invloed van indirekte sensuur op skrywers en die konserwatiewe kriteria wat deur
voorskryfkomitees vir die Afrikaanse voorgeskrewe boek neergelê word, word
uitgewys. Verder word Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers eers as "ware"
skrywers beskou sodra hulle 'n boek vir volwassenes geskryf het.
Die studie ondersoek voorts die Amerikaanse "young adult" (YA)-genre en daar word
aangetoon aan die hand van 'n ontleding van vyf Afrikaanse jeugromans dat hulle
gemaklik in só 'n genre tuishoort, naamlik fiksie vir jong volwassenes (FJV). Die
voordele van FJV vir ouer kinders word uitgewys en daar word aangetoon dat hierdie
boeke anders bemark moet word en 'n ander staanplek op boekwinkel- en
biblioteekrakke verdien. Hulle hoort nie tussen die prenteboeke vir kleuters nie. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2012. / gm2014 / Afrikaans / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/33366
Date January 2012
CreatorsVan der Walt, B.F.
ContributorsPieterse, Henning Jonathan, 1960-
PublisherUniversity of Pretoria
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 2012 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0024 seconds