Spelling suggestions: "subject:"jeugliteratuur"" "subject:"jeugdliteratuur""
1 |
Hoopvol en fiksie vir jong volwassenes (FJV) as selfstandige genre binne die Afrikaanse letterkundeVan der Walt, B.F. January 2012 (has links)
Hierdie mini-verhandeling ondersoek die ontwikkeling van die ouer jeugboek in
Afrikaans, sedert die politieke veranderinge in die negentigerjare. Daar word
aangetoon dat die einde van Apartheid die einde van die veilige voorskryfmark vir die
Afrikaanse jeugboek beteken het. Daar word ook aangetoon dat die ontwikkeling en
die geskiedenis van die Afrikaanse kinder- en jeugboek hand aan hand met die
ontwikkeling van die Afrikaner se politieke geskiedenis geloop het. Daar was 'n verdieping en ontwikkeling in die ouer jeugboek in Afrikaans sedert
1994, waarvan nog nie formeel kennis geneem word nie. Dié boeke word nog
gemaklik in die kinder- en jeugboekkategorie ingedeel, waar baie van hulle nie sonder
meer tuishoort nie. Volwassenelesers neem gewoonlik net van hulle kennis as hierdie
boeke publisiteit weens "omstrede" kwessies ontvang of in ander media soos rolprente
verwerk word. Daar is aangetoon dat die formele klassifikasie van die ouer jeugboek
baie van hierdie boeke van die erkenning en verkoopsyfers wat hulle verdien,
weerhou. Daar is gevolglik steeds 'n gebrekkige belangstelling vanuit akademiese
geledere in die Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur.
Ander redes wat die ontwikkeling van die ouer jeugboek in Afrikaans belemmer, soos
die invloed van indirekte sensuur op skrywers en die konserwatiewe kriteria wat deur
voorskryfkomitees vir die Afrikaanse voorgeskrewe boek neergelê word, word
uitgewys. Verder word Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers eers as "ware"
skrywers beskou sodra hulle 'n boek vir volwassenes geskryf het.
Die studie ondersoek voorts die Amerikaanse "young adult" (YA)-genre en daar word
aangetoon aan die hand van 'n ontleding van vyf Afrikaanse jeugromans dat hulle
gemaklik in só 'n genre tuishoort, naamlik fiksie vir jong volwassenes (FJV). Die
voordele van FJV vir ouer kinders word uitgewys en daar word aangetoon dat hierdie
boeke anders bemark moet word en 'n ander staanplek op boekwinkel- en
biblioteekrakke verdien. Hulle hoort nie tussen die prenteboeke vir kleuters nie. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2012. / gm2014 / Afrikaans / unrestricted
|
2 |
'n Vergelykende studie van twee jeugromans : Winterijs (2001) deur Peter van Gestel en Roepman (2004) deur Jan van TonderRoets, Kristel 03 1900 (has links)
Thesis (MA (Afrikaans and Dutch))--Stellenbosch University, 2008. / This thesis is a comparative literature study of a Dutch and an Afrikaans novel that can be
read by the youth and adults alike and display similarities with regard to genre, content,
structure and theme. The novels are Winterijs (2001) by Peter van Gestel and Roepman
(2004) by Jan van Tonder. Chapter 1 serves as an introduction. In chapter 2 concepts
such as “crossover literature”, “cross publication”, “dual audience authors” and “dual
audience literature” are discussed. Chapter 3 presents an overview of the theory that
provides a conceptual framework for this study. The method of investigation that is
followed by Helma Van Lierop-Debrauwer and Neel Bastiaansen-Harks (2005) in their
study of the similarities and differences between an adolescent novel for the youth and an
adolescent novel for adults is used, as well as the theory of Victor Turner (1969) on the
concept of liminality. As it provides a useful method for approaching and analyzing the
two texts, the above mentioned theories are applied to Winterijs and Roepman in
Chapters 4 and 5, with specific reference to the representation of a male child narrator
with liminal characteristics. In chapter 6 the similarities and differences between the two
novels are pointed out and summarized. Conclusions are drawn and possibilities for
further research are presented in chapter 7.
|
3 |
ʼn Ondersoek na die parateks (Gérard Genette) as ʼn narratiewe strategie in geselekteerde Afrikaanse kinder- en jeugliteratuurOosthuizen, Mia Magriet 02 1900 (has links)
Text in Afrikaans with Abstracts in Afrikaans, English and isiZulu / In hierdie proefskrif word ondersoek ingestel na die parateks as narratiewe strategie vir toeganklikheid in geselekteerde Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur. Die kern van hierdie ondersoek is die toeganklikheid van die boodskap binne die paratekstuele en narratiewe kommunikasiesituasie. Vir hierdie ondersoek is die sentrale probleemstelling soos volg geformuleer: hoe word die parateks as narratiewe strategie gebruik om kinder- en jeugliteratuur meer toeganklik vir jong lesers te maak?
Gérard Genette se werk oor die parateks (1997a) en die narratologie (1983, 1990) dien as teoretiese basis vir hierdie studie se konseptuele raamwerk, aangevul deur die werk van Mieke Bal (1991, 2009). Jauss (1982) se resepsie-estetika word ook betrek ten einde toeganklikheid ten opsigte van die primêre teikenmark te formuleer.
Binne die konteks van hierdie konseptuele raamwerk, word daar afsonderlik ondersoek ingestel na die ontvangers, senders en boodskap van die paratekstuele en narratiewe kommunikasiesituasie. Die ontvangers is die lesers van die parateks as narratiewe strategie vir toeganklikheid en word bespreek as die primêre, dubbele en tweeledige teikenmarkte. Die senders is die verskillende skrywers betrokke by die skepping en implementering van die parateks as narratiewe strategie vir toeganklikheid. Onderskeid word getref tussen die primêre skrywer, die tweede skrywer en die sekondêre skrywer. Laastens word die boodskap ondersoek soos dit met die visuele parateks en die talige parateks verband hou.
Aan die hand van die konseptuele raamwerk van hierdie studie, en die verskillende rolspelers en boodskappe binne die paratekstuele en narratiewe kommunikasiesituasie, dui die studie aan hoe die parateks as narratiewe strategie gebruik kan word om kinder- en jeugliteratuur vir veral die primêre teikenmark meer toeganklik te maak. / This thesis sets out to illustrate how the paratext can be used as narrative strategy for accessibility in selected Afrikaans children’s and youth fiction. Central to this study is the accessibility of the message in the paratextual and narrative communication situation. In this regard, the central research question is as follows: how can the paratext be used as a narrative strategy to make children’s and youth literature more accessible for young readers?
Gérard Genette’s work on the paratext (1997a) and narratology (1983, 1990) serves as the theoretical basis for this study’s conceptual framework, along with the work of Mieke Bal (1991, 2009). In order to define accessibility in terms of the primary target audience, reference is also made to Jauss’s (1982) reception theory.
Within the context of this conceptual framework, focus is placed on the receivers, senders and message of the paratextual and narrative communication situation. The receivers are the readers of the paratext as narrative strategy for accessibility and are discussed as the primary, twofold and dual target audiences. The senders are the different writers involved in the creation and implementation of the paratext as narrative strategy for accessibility. Here a distinction is made between the primary writer, the second writer and the secondary writer. Lastly, the message is discussed as it relates to the visual paratext and textual paratext.
Through the conceptual framework of this study, along with the different role players and messages of the paratext as narrative strategy for accessibility, this study shows how the paratext as narrative strategy can be used to make children’s and youth literature more accessible for especially the primary target audience. / Le thisisi ihlose ukuveza ukuthi umbhalo ohunyushiwe ungasetshenziswa kanjani njengesu lokuxoxa emibhalweni ekhethiwe yesiBhunu yezingane kanye naleyo yabantu abasha .Okubalulekile kulesi sifundo socwaningo wukutholakala komlayezo wombhalo ohunyushiwe kanye nesimo sokuxhumana ngengxoxo. Ngalokho-ke, umbuzo oyinsika kulesi sifundo socwaningo ngolandelayo: Ngabe inkulumo ehunyushiwe ingasetshenziswa kanjani njengesu lokuxoxa, elingenza ukuthi imibhalo yobuciko yezingane kanye naleyo yabantu abasha ukuze itholakale kalula kubafundi abasebasha?
Umsebenzi kaGérard Genette i-paratext (1997a) kanye ne-narratology (1983, 1990) usebenza njengesisekelo sesakhiwo sebizo salesi sifundo socwaningo, kanti lokhu kuhambisana nomsebenzi ka MiekeBal (1991,2009). Ukuze siphumelele ukuchaza mayelana nokutholakala kwabafundi bezincwadi abahlosiwe, uyanxuswa ukuthi ufunde ithiyori emayelana nokutholakala kwabafundi bomlayezo ka Jauss (1982).
Ngaphansi kwesimo sesakhiwo segama, kugxilwe kakhulu kubamukeli, kubathumeli kanye nakumlayezo wombhalo ohunyushiwe kanye nesimo sokuxhumana ngengxoxo. Abamukeli bomlayezo kungabafundi bombhalo ohunyushiwe, okuyisu elisetshenziswa ukuthola umlayezo, kanti la masu axoxwa njengalawo aqonde abafundi bokuqala, abambaxambili futhi anezinhloso ezimbili.. Abathumeli bomlayezo kungabhali abadlala indima yokwakha kanye nokusebenzisa imibhalo ehunyushiwe njengesu lokuxoxa elisetshenziswa ukuthola umlayezo. Lapha, kuvezwa umehluko ophakathi kombhali wokuqala, umbhali wesibili kanye nombhali osezingeni lesibili. Okukugcina, umlayezo uxoxwa njengoba uhlobana nombhalo ohunyushiwe obukelwayo kanye nombhalo ohunyushiwe olotshiwe Ngokusebenzisa uhlelo lwesakhiwo segama salesi sifundo, esisebenzisana ndawonye nabadlali bendima abahlukahlukene kanye nemilayezo yombhalo ohunyushiwe njengesu lokuxoxa elisetshenziswa ukuthola umlayezo, lokhu kukhombisa ukuthi umbhalo ohunyushiwe oyisu lokuxoxa ungasetshenziswa kanjani ukwenza ukuthi imibhalo yobuciko yezingane kanye naleyo yabantu abasha ingatholakala kanjani, ikakhulukazi ngabafundi bokuqala abahlosiwe. / Afrikaans and Theory of Literature / D. Litt et Phil. (Afrikaans)
|
Page generated in 0.0445 seconds