Return to search

Ervaring van die werk- en leefomstandighede-stres deur vroulike werknemers van die Suid-Afrikaanse Polisiediens / Experience of work- and life situation stress of female employees of the South African Police Service

Die doelwit van hierdie navorsing was om die ervaring van stres deur vroulike werknemers van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te ondersoek. Die Wet op Gelyke Indiensneming (Wet 55 van 1998), het vroue geïdentifiseer as deel van voorheen benadeelde groepe in ons land, Die arbeidsmark is hierdeur ook vir vroue toeganklik gemaak. Beroepsvroue word oorlaai deur veeleisende rolle. Hulle is dikwels enkelouers wat in hul beroepe gehaltewerk moet lewer terwyl hulle ook soms versorgers van familielede is. Die Werk- en Leefomstandighedevraelys (WLV) en biografiese vraelys is as navorsingsinstrumente aangewend om vlakke en oorsake van stres by SAPD-vroue te meet. Die resultate het aangedui dat beide groepe op loopbaanaangeleenthede hoë stresvlakke ervaar. Vroue in operasionele posisies het hoë stresvlakke ervaar rakende werktoerusting, organisatoriese eise, vergoeding en ander byvoordele. Vroeë loopbaangerigtheid en loopbaanbeplanning kan stres van vroulike SAPD-lede verminder. Die aanspreek van pos-spesifieke faktore kan stresvlakke van SAPD-vroue in operasionele posisies verder verlaag. / This study aimed to investigate the experience of stress among female staff of the South African Police Service (SAPS). The Employment Equity Act (Act 55 of 1998), identified females as part of previously disadvantaged groups in our country, and opened the labour market, including the SAPS, to women. Employed females are often overburdened by their demanding roles, being expected to deliver quality work in addition to bearing the responsibilities as single parents and carers for relatives. The Experience of Work and Life Circumstances Questionnaire (EWLQ) and a biographical questionnaire were utilised for measuring the levels and causes of stress among female SAPS staff. The results indicated that both groups experienced high stress levels in one dimension, namely career opportunities. Females in operational roles experienced high stress levels regarding resoures, organisational demands, remuneration and benefits. Early career orientation and planning may reduce the stress experienced by female staff of the SAPS. / Dept. of Industrial and Organisational Psychology / M. Com. (Bedryf- en Organisasiesielkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/21745
Date11 1900
CreatorsJacobs, Letitia Louise
ContributorsDe Beer, M
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xiii, 148 leaves) : illustrations (some color)

Page generated in 0.003 seconds