Return to search

Pressurised hot water extraction of wood : three wood species prior to pulping

Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2005. / No english abstract available. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om die effek van warm water uitloging van
houtspaanders by hoë temperature en onder hoë druk voor alkaliese verpulping te
ondersoek. Warm water uitloging van houtspaanders onder druk voor alkaliese
verpulping was baie belowend, aangesien dit ekstrakstowwe verwyder het wat andersins
verteringschemikalieë sou opgebruik het en ook verbertede verpulpingstoestande
meegebring het. Gedurende uitloging het die houtstruktuur verander agv die verwydering
van die ekstrakstowwe. Dit het veroorsaak dat die houtstruktuur meer toeganglik geword
het, en dit het gelei tot 'n verbeterde diffusie van die kookloog. Die versnelde
kookloogdiffusie het 'n verbeterde en meer gelykmatige delignifikasie meegebring.
Warm water uitloging by verhoogde druk is ondersoek vir drie houtsoorte nl. Eucalyptus
grandis, Acacia mearnsii en Pinus patuia. 'n Twee-uur en 'n een-uur uitlogingstyd van
die houtspaanders voorafgaande Kraft en soda-AQ verpulping is ondersoek.Vergelyk met
'n een-uur uitloging is daar gevind dat die twee-uur uitloging van die houtspaanders te
drasties was, met 'n gevolg van 'n vermindering in pulpopbrengs, vesellengte en
pulpsterkte. Die verlaging III pulpsterkte kon toegeskryf word aan
polisaggariedafbreking. Die een-uur uitloging het 'n hoër opbrengs opgelewer as beide
die kontrole (nie uitgeloogde houspaanders) en die twee-uur uitgeloogde houtspaanders.
Die een-uur uitlogingsperiode het besonder goeie verpulpingsresultate vir die ekstrakstofryke
Acacia mearnsii houtspaanders getoon, met 'n bykomstige verbetering in
pulpsterkte eienskappe.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50423
Date12 1900
CreatorsMji, N. (Ntuthuzelo)
ContributorsGerischer, G. F. R, Stellenbosch University. Faculty of AgriScience. Dept. of Forest and Wood Science.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format88 pages : illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds