Thesis (M. Town and regional planning)--Stellenbosch University , 2000. / ENGLISH ABSTRACT: An ever increasing segment of the population in the current low density category
contributes to the sprawling South African city as we know it today. To provide for the
housing needs o f people, precious agricultural land is being used, and the historic character
o f towns is being destroyed. Densification of the city structure has been put forward as a
solution to this problem. In this way, different components of the city may be connected
and existing infrastructure may be optimally utilised.
The concept of densification is gaining popularity in all spheres o f planning. The
implementation of densification requires suitable policy, as well as the strict application of
the aforesaid. A densification policy must include consultation with all parties involved
with a view to finding a balance between the need for land for development purposes, the
conservation of agricultural land, the conservation of the historic character o f towns and
cities, as well as being in the public interest.
A theoretical investigation was done in which all aspects regarding densification, and its
implementation in the South African context were studied. Attention was also given to
policy formulation. This was followed by an empirical study, based on the Paarl municipal
region as an example, in an attempt to reconcile theory and practice.
It was found that although densification enjoys great support, the perception held by
professional planners as to appropriate methods for the achievement o f higher densities did
not correspond wholly with theoretical arguments in this regard. It was also found that it is
important to view densification in relation to the environment in which it is applied, and to
create an executable policy for a specifically designated area. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Snelgroeiende bevolkingsgetalle in ‘n lae-digtheidsmilieu dra by tot die uitgebreide Suid-
Afrikaanse stad soos ons dit vandag ken. In die proses word kosbare landbougrond
gebruik om in die behuisingsbehoefte van die mens te voorsien en die historiese karakter
van dorpe word vernietig. As oplossing vir hierdie probleem word verdigting van die stad
voorgestel, om sodoende verskillende komponente van die stad te verbind en reeds
bestaande infrastruktuur tot die optimum te benut.
Die konsep van verdigting geniet toenemende gewildheid in alle sfere van beplanning.
Implementering van verdigting kan slegs deur die daarstelling van geskikte beleid en die
toepassing daarvan geskied. By die formulering van ‘n verdigtingsbeleid moet alle
rolspelers in die proses geraadpleeg word en ‘n middeweg tussen die behoefte aan grond
vir ontwikkeling, die bewaring van kosbare landbougrond, die bewaring van die historiese
karakter van ‘n stad en die publiek se belange gevind word.
‘n Deeglike teoretiese ondersoek is geloods, wat teoretiese aspekte omtrent verdigting en
die implementering van verdigting binne die Suid-Afrikaanse konteks ondersoek het. Daar
is ook aandag aan beleidsformulering gegee. Dit is opgevolg deur ‘n empiriese studie wat
binne Paarl se munisipale gebied uitgevoer is en teoretiese inligting met die praktyk
probeer versoen.
In hierdie studie is bevind dat alhoewel verdigting van die stad groot ondersteuning geniet,
die persepsie van professionele persone in die beplanningsprofessie oor metodes om hoër
digthede te bereik, nie heeltemal met die voorgestelde metodes vervat in teoretiese bronne
ooreenstem nie. Daar is ook bevind dat dit belangrik is om verdigting binne die konteks
van die omgewing waarin dit toegepas word, te beskou en sodoende ‘n uitvoerbare beleid
vir ‘n spesifieke omgewing op te stel.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51850 |
Date | 12 1900 |
Creators | Van der Linde, N. M. |
Contributors | Muller, J. I., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Sustainable Development Planning & Management. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 123 p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0024 seconds