Thesis (MS en S)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigated the problems associated with open spaces and nature areas
in Paarl. The attitudes and needs of Paarlites towards these open spaces were also
assessed. A comparison was then made with area specific crime statistics to assess
the actual safety of these problem areas. The needs of the community are stated
according to the needs assessment.
This study was conducted to ensure the sustained conservation of open spaces and
nature areas, and to ensure that the needs of the community are met. The public use
of these areas should also jusitfy the financial input required for maintenance and up
grading of these areas.
This study tried by means of an investigation into the needs, patterns of use and
attitudes of Paarlites, and a comparison with the true crime statistics of the relevant
areas to ascertain whether these areas are truly problematic. If public opinion about
the safety of these areas cannot be substantiated, people can be lured back into
using these areas.
The open spaces and nature areas in Paarl is underutilized. This is due to the
inadequate nature of the areas in terms of the needs of the respondents, the
discontentment of the respondents because of their perceptions about the poor
maintenance of the areas, the activities that take place there, and the general
perception of the areas as unsafe. There were only two areas that could be
perceived as unsafe after research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie lewer 'n ondersoek na die probleme geassosieer met oopruimtes
en natuurgebiede in die Paarl. Daar is ook onder Paarliete 'n houdings- en
behoeftebepaling aangaande hulle oopruimtes gedoen en 'n vergelyking is met area
spesifieke misdaadstatistieke getref om sodoende 'n gevolgtrekking te maak oor die
areas se daadwerklike veiligheid. Die gemeenskap se behoeftes is na aanleiding
van die behoeftebepaling weergegee.
Hierdie studie is gedoen om die volhoubaarheid en bewaring van oopruimtes en
natuurgebiede te verseker, en te sorg dat die gemeenskap se behoeftes bevredig
word. Die benutting van die areas moet, relatief tot die finansiƫle insette verbonde
aan die instandhouding en voortbestaan van die areas, voldoende wees.
Hierdie werkstuk poog om deur middel van 'n ondersoek na die Paarliete se
gebruike, houdings en behoeftes 'n vergelyking met die beskikbare statistieke van
oopruimtes en natuurgebiede te tref om sodoende te bepaal of die areas werklik
probleemareas is. As die openbare mening oor die areas se veiligheid nie
gesubstansieer word nie, kan mense teruggelok word om hierdie areas te benut.
Die ondersoek het bevind dat die Paarlse oopruimtes en natuurgebiede onderbenut
word. Dit kan daaraan toegeskryf word dat die areas nie in die respondente se
behoeftes voldoen nie; die respondente ontevrede is as gevolg van hulle persepsies
oor die swak instandhouding van die areas; die aktiwiteite wat daarop plaasvind,
asook die algemene persepsie dat die areas onveilig is. Die navorsing toon egter
dat daar slegs twee areas is wat as onveilig beskou kan word.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52785 |
Date | 12 1900 |
Creators | Le Roux, Hercule |
Contributors | Pienaar, W. P., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Sustainable Development Planning & Management. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 100, 20 pages : illustrations |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0022 seconds