Return to search

‘n Geografiese ondersoek na die potensiaal van die informele sektor as werkverskaffer: 'n gevallestudie van Paarl

Magister Artium - MA / Die knaende vraag na werksgeleenthede in Suid-Afrika, maar ook in Paarl hou verband met die feit dat daar 'n relatief groot surplusbevolking bestaan, wat tydens die periode van kapitaalakkumulasie in Suid(elike) Afrika nie volkome in produksie geabsorbeer kon word nie. Die wortels van hierdie situasie lê gebed in die dinamika van periferale kapitalisme, maar dit reflekteer ook gedeeltelik sekere dimensies van die patroon van rasse-strukturering wat kapitalistiese ontwikkeling in die sub-kontinent gevolg het. Die chroniese probleem van strukturele werkloosheid en armoede kan dus geplaas word teen die implikasies van die bestaande patrone van arbeidsurplus in Suid(elike) Afrika. Volgens die Universiteit van Stellenbosch se Instituut vir Toekomsnavorsing (Koch, 1991) was 4,3 miljoen Suid-Afrikaners in 1985 óf tydelik in diens, óf werkloos. Dit is vanselfsprekend dat die situasie net sou verger, want die steeds groeiende bevolking van Suid-Afrika impakteer ook op die probleem van werkloosheid en armoede. Ekonome is ook van mening dat die ontwikkeling van kleinsake-aktiwiteit en
entrepreneurskap kan lei tot ekonomiese groei, en dat die probleem van werkloosheid hierdeur aangespreek kan word. Die geweldige groei van kleinsake- aktiwiteit - in 1994 was 1,574 miljoen mense reeds ekonomies aktief in die informele sektor (CSS, 1995:41) - gee 'n aanduiding van die rol van die informele sektor tot ekonomiese groei. Gegee dat die sektor nie veel formele opvoedkundige opleiding vra nie, en dat die besigheid gewoonlik deur die familie/gesin besit word, bestaan die persepsie dat betrokkenheid in informele ekonomiese aktiwiteite 'n "kommervrye", maartog 'n ekonomies-winsgewende besigheid is.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/7485
Date January 2000
CreatorsSmith, Rufane
ContributorsMcPherson, E. A.
PublisherUniversity of Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
RightsUniversity of Western Cape

Page generated in 0.002 seconds