Return to search

Siektebelewing by die Pedi : 'n verkennende studie in siekepastoraat

Summaries in Afrikaans and English / Text in Afrikaans / Hierdie skripsie is 'n verkennende studie in siekepastoraat. Die fokus is op die siektebelewing
van die Pedi. Die siek mens leef in 'n spesifieke wereld en verkeer in 'n wrieke situasie. Dit is
boonop vir die pastor moeilik om in hierdie leefWereld die sieke se gevoelens te begryp. Meer
uitsonderlik is dat dit vir enige pastor moeilik is om die tradisionele beskouing en belewenis
van die sieke in sy eie kultuursituasie te verstaan.
Daar is egter min materiaal oor die siekte-belewenis van die Pedi beskikbaar aangesien daar
oor die algemeen min navorsing gedoen is. Pastorale sorg aan siekes vereis dat kennis geneem
moet word van die kulturele agtergrond asook godsdiensbeskouing. Teen hierdie agtergrond
is die doel van hierdie studie om 'n raamwerk van die denke van die Pedi-siekes te verkry
waarby die siekepastoraat kan aansluit.
Met die hu1p van die kwalitatiewe navorsingsbenadering is daar deur indiepte-onderhoude
en deelnemende waameming probeer om 'n raamwerk te verkry van die siek Pedi se ervaring
van siekte in 'n tradisionele situasie. Sodoende is gepoog om veertien subjekte se verhale van
hul siekte en ongelukke deur middel van kwalitatiewe empiriese navorsing te beskryf
Uit al hierdie data was dit moontlik om die respondente se interpretasies in vyfkategoriee in te
deel:
(a) Agtergrondkennis,
(b) die oorsaak van hul siekte,
( c) die belewing van hul siekte,
( d) die bestryding van hul siekte en
( e) die tradisionele siening van siekte en in watter mate daar 'n verskuiwing na Westerse denke
plaasgevind het.
Daar is bevind dat betekenistoekenning van die meeste respondente grotendeels binne die
kulturele raamwerk van die Pedi-tradisie plaasgevind het. Hierdie bevinding is belangrik vir die
siekepastoraat aangesien daar by sekere begrippe aansluiting gevind kan word. Die navorser
het ook probeer om vanuit die betekenis van die subjekte se belewing van siekte 'n beperkte
aantal riglyne vir 'n sensitiewe kultureel georienteerde siekepastoraat te noem. / This study explores the field of pastoral care of the sick within the frame of the sick person's
traditional environment. This research study was only directed at the Pedi.
Little material exists on the Pedi's experience of sickness because of the general lack of
research. Furthermore, pastoral care of the sick demands specific notice of the cultural
background as well as their religious views. Bearing this in mind the purpose of this study is to
find a frame work of the Pedi's thought to which the pastoral care could be linked.
With the help of qualitative methodological research, in depth interviewing, participation
and observation the researcher tried to obtain a frame work of the Pedi's experience of
sickness within their traditional situation. Through the means of the qualitative emperical
research strategy these stories were described.
It is found that most respondents emphasise the meaning of their sickness largely within the
cultural framework of the Pedi tradition. This is important for pastoral care because on these
thoughts pastoral care could link up. / Philosophy, Practical & Systematic Theology / M. Th. (Praktiese Teologie)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17028
Date01 1900
CreatorsJordaan, G. J. (Gabriƫl Jacobus)
ContributorsDe Jongh van Arkel, Jan, Schurink, Willem Johannes
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (x, 69 leaves)

Page generated in 0.0032 seconds