Return to search

Die verband tussen ideaal en werklikheid ten opsigte van die funksionering van die pneumatika in der erediens van die AGS van Suid-Afrika

Text in Afrikaans / Summaries in English and Afrikaans / 'n Onderskeidende kenmerk van die Pinksterbeweging (waarvan die AGS deel is) wat aan die begin van hierdie eeu tot stand gekom het, was die funksionering van die pneumatika (die geestelike gawes in 1 Korintiers 12:7-11 genoem) in die lewens van lidmate en in die liturgie van die erediens. Die opkoms van die Charismatiese beweging vanaf die sestigerjare het hierdie fenomeen opnuut onder die aandag van die kerk gebring. Histories blyk dit dat die funksionering van die pneumatika 'n integrale deel van die bemoeienis van God met die mens was. Sommige van die pneumatika was reeds in die Ou Testament teenwoordig, is prominent in die bediening van Jesus gesien tydens sy vleeslike bestaan, en was kenmerkend van die kerklike lewe in apostoliese tye. In die na-apostoliese tye was daar 'n merkbare afuame hiervan, maar het selfs in die middeleeue nooit heeltemal van die toneel verdwyn het nie. Vanaf die twaalfde eeu was daar weer 'n gestadigde toename in die voorkoms van die pneumatika wat sy klimaks bereik in die wereldwye Pinksterherlewing aan die begin van die twintigste eeu. Die teoretiese teologiese teorie binne die AGS hou die ideaal voor dat die pneumatika steeds op Nuwe Testamentiese wyse (soos deur die AGS geinterpreteer) in die erediens sal funksioneer. 'n Empiriese ondersoek met behulp van 'n situasie-analise (Wallace se model van deduktiewe en induktiewe redenering) toon aan dat daar 'n beduidende verskil tussen ideaal en praktyk is - die pneumatika funksioneer slegs sporadies in die eredienste, terwyl lidmate se betrokkenheid daarby en kennis daarvan dienooreenkomstig van beperkte aard is. n V erstelde praktykteorie word voorgestel. Dit behels 'n model wat die interathanklikheid en relasie aandui tussen Christus as Hoof van die gemeente en Bron van die pneumatika, lidmate en pastore se houding en kennis in verband hiermee, en die ruimte vir en implementering van die pneumatika in die erediens. Fasiliterend tot hierdie interaktiewe proses is die doping in die Heilige Gees, opleidingsprogramme, en kleingroepe. Hierdie praktykteorie is oop vir toekomstige toetsing en verstelling - alles moet lei na die herstel van die funksionering van die pneumatika tot opbou van die gemeente en meerdere verheerliking van God. / A distinctive characteristic of the Pentecostal Movement (of which the AFM is a part), formed at the beginning of this century, was the functioning of the pneumatics (the spiritual gifts mentioned in 1 Corinthians 12:7-11) in the lives of members and in the liturgy of their worship service. The Charismatic Movement arising in the sixties brought this phenomenon under the attention of the church anew. Historically it seems that the pneumatics were a integral part of the activities of God with his people. Some of the pneumatics were already present in the Old Testament, were seen in the earthly ministry ofJesus, and were distinctive of the apostolic period. In the after-apostolic period there was a marked decline in the appearance thereof From the twelfth century onwards there was an increase in the appearance of the pneumatics that climaxed in the worldwide Pentecostal revival at the beginning of this century. The theoretical theological theory in the AFM presents the ideal that the pneumatics would still be operating, as in New Testament times (i.e. as interpreted by the AFM), in their worship services. An empirical survey with the aid of a situation analysis (yv allace' s model of deductive and inductive reasoning was used), shows that there is a marked difference between ideal and practice - the pneumatics are operating sporadically and on a limited scale in the worship services,
whilst the participation of the members and their knowledge in this regard are accordingly limited. An improved practice theory is suggested. It entails an interactive model that shows the interdependency and relation between Christ as head of the church and source of the pneumatics, church members and pastors whose attitude and knowledge in connection with this are of utmost importance, and the place for and implementing of the pneumatics in the worship service. Facilitating this interactive process is the baptism in the Holy Spirit, teaching programmes, and small groups. This practice theory is open for future testing and improvement - this must all lead to the restoring of the functioning of the pneumatics for the edification of the church and the greater glorifying of God. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / Th. D. (Practical Theology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16250
Date11 1900
CreatorsVan Den Berg, Jan Christoffel
ContributorsTheron, J. P. J, Möller, Francois Petrus
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 electronic resource (xvi, 261 leaves)

Page generated in 0.0023 seconds