Thesis (M Sport Sc)-- Stellenbosch University, 1998. / ENGLISH ABSTRACT:The purpose of this study was to develop a practical, reliable
psychological skills inventory to assess the psychological
skills of athletes. This primarily involved identifying the
relevant psychological skills that affect sport performance. A
variety of developmental procedures were applied in the
construction of this inventory, including the consultation of
sport psychology literature, identification of articles which
characterise successful athletes, analysis of research articles
pertaining to the psychological Skills, and review of available
psychological tests. The initial inventory consisted of 82
items which evaluated six psychological skills: achievement
motivation, goal setting, anxiety control, maintaining
confidence, concentration and mental rehearsal. The
inventory was completed by 304 students from the
Department of Human Movement Science at the University of
Stellenbosch. The respondents' data were divided into two
groups depending on their achievement in sport. The results
indicated that the inventory was able to differentiate between
successful and less successful athletes on the psychological
skills measured. Other aspects were statistically analysed,
namely language, age, and gender differences, correlation
between individual item and achievement level, and the
contri,bution of each item to its psychological skill. The final
inventory consists of 60 items, with ten items from each of
the six psychological skills. Information obtained from the
inventory can identify the strengths, weaknesses and
deficiencies in the psychological skills of athletes, so that a
psychological skills training programme can be developed. / AFRIKAANSE OPSOMMING:Die doel van hierdie studie was om 'n praktiese, betroubare
sielkundige inventaris te ontwerp om die sielkundige
vaardighede van sportlui vas te stel. Dit het hoofsaaklik
bestaan uit die identifisering van relevante sielkundige
vaardighede wat sportprestasie beinvloed. 'n Verskeidenheid
van prosedures was toegepas in die konstruksie van die
inventaris, insluitend konsultasie van sportsielkundeliteratuur,
identifesering van artikels wat suksesvolle sportlui
beskryf, ontleding van narvorsingsartikels met betrekking tot
sielkundige vaardighede en 'n oorsigstudie van relevante sielkundige
toetse. Die aanvanklike inventaris het bestaan uit 82
items, wat ses sielkundige vaardighede getoets het, naamlik
prestasiemotivering, doelwitstelling, aktiveringsbeheer, handhawing
van selfvertroue, konsentrasie en verstandelike
oefening. Die inventaris is deur 304 studente van die
Departement Menslike Bewegingskunde aan die Universiteit
van Stellenbosch voltooi. Die respondente se data is in twee
groepe, afhangende van hul prestasie in sport, verdeel. Die
resultate het aangedui dat die inventaris tussen suksesvolle
en minder suksesvolle atlete onderskei met betrekking tot die
sielkundige vaardighede wat gemeet is. Ander aspekte is
statisties ontleed, naamlik taal, ouderdom, geslag, korrelasie
tussen afsonderlike items en prestasievlak, asook die bydrae
van elke item tot sy sielkundige vaardigheid. Die finale
inventaris behels 60 items, met tien items van elk van die
sielkundige vaardighede. Inligting wat van die inventaris
verkry word, kan die sterkpunte en tekortominge van atlete
bepaal, wat as basis vir die ontwikkeling van 'n sielkundige
program kan dien.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16461 |
Date | 12 1900 |
Creators | Wheaton, Kerry-Ann |
Contributors | Potgieter, J. R., University of Stellenbosch. Faculty of Education. Dept. of Sport Science., Jacobs, Ivan |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 154 p. |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0019 seconds