Return to search

Die onafhanlike apteekbedryf in die Boland : perspektiewe vir mededingendheid

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2012. / Sedert die verandering in wetgewing in 2003, bevind die kleinhandel apteeksektor hulself in ‘n baie
turbulente omgeweging, omdat die eksterne omgewing dramaties verander het en nuwe
kompetisie gedryf deur sakereuse soos Clicks en Dischem hul voortbestaan bedreig. Die instelling
van die enkeleindprys (SEP) en verandering in wetgewing oor die eienaarskap van apteke, het die
grootste invloed gehad op die kleinhandelapteek sektor. Verder het die aanwysing van
voorkeurdiensverskaffers deur mediesefondse die situasie vererger. In Suid-Afrika word die
onafhanklike apteek gesien as ‘n voorbeeld van ‘n kleinsakeonderneming en die sleutel
suksesfaktore in hierdie besighede kom dan ook sterk ooreen. Hierdie studie, ‘n gevallestudie,
fokus dan op die sleutel suksesfaktore en strategiese banaderings wat kleinhandelapteke volg om
mededingend te bly in hierdie hoogs kompeterende mark.
Die studie is beperk tot die onafhanklike apteek in die Boland-area en inligting was verkry deur
middel van ‘n vraelys. Die data is kwantitatief ontleed en verskeie afleidings aangaande die
onafhanklike apteeksektor word gemaak.
Die resultate toon dat daar geen eenvormige besigheidsmodel tussen die apteke in ons steekproef
bestaan nie en dat die onafhanklike apteke in ‘n groot mate nie strategieë en taktiese benaderings
het om met korporatiewe mededingers soos Clicks en Dischem te kan meeding nie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/95688
Date12 1900
CreatorsWilliams, Eddison Gabriel
ContributorsUngerer, Marius, Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxiii, 86 p. : graphs
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0017 seconds