Return to search

Van kubermens tot kuborg: representasies van mens-masjienverhoudinge in die Afrikaanse poesie (1990-2012)

In hierdie studie word die manifestasies en ontwikkelings van mens-masjien-verhoudinge in die Afrikaanse poësie vanaf 1990 tot 2012 ondersoek. Relevante uitgangspunte van die fenomenologie, posthumanisme en transhumanisme dien as teoretiese begronding om die gekompliseerde en gevarieerde aard van mens-masjien-verhoudinge in die Afrikaanse poësie te bestudeer. Die studie beoog om deur kwantitatiewe data-analise die manifestasie van tegnologiese terme en verwysings na tegnologiese objekte in Afrikaanse poësie vanaf 1990 tot 2012 te karteer. Hierbenewens word deeglike kwalitatiewe ondersoek gedoen na die verskillende representasies van mens-masjien-verhoudinge in geselekteerde Afrikaanse gedigte. Laastens word rolle en metaforiese betekenisse van digitale tegnologie in posthumane subjekte se belewing op drie tematiese vlakke ondersoek, naamlik liefde en seks, spiritualiteit en die dood. / In this study the different manifestations of human-machine relationships in Afrikaans poetry between 1990 and 2012 are investigated. Relevant viewpoints from the phenomenology, posthumanism and transhumanism form part of the theoretical framework in which the often complicated and varied nature of human-machine relationships are studied. It is the goal of this study to map the manifestations of technological terms and references to technological objects in Afrikaans poetry from 1990 to 2012, utilising quantitative data analysis. Furthermore, the in-depth qualitative analysis will investigate various representations of human-machine relationships in selected Afrikaans poems. The roles and metaphorical meanings of digital technology within the experiences of posthuman subjects are investigated on three thematic levels, namely love and sex, spirituality and death. / Afrikaans and Theory of Literature / M. A. (Afrikaans)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/22688
Date02 1900
CreatorsBotha, Tanja
ContributorsCochrane, Neil
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (249 leaves)

Page generated in 0.0019 seconds