Thesis (MBA)-- Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The 1990s witnessed a substantial increase in privatization of SOEs in African
countries. In some countries, like Zambia, privatization was greatly motivated
by IFIs, through SAPs. However, for other countries like South Africa, the
drive came from the desire to improve efficiency in the delivery of services
and enhance economic growth.
This study seeks to assess privatisation processes in Africa, with special
reference to South Africa and Zambia. The motives for privatisation are
discussed, as well as the role played by IFI in African privatisation programs.
Privatisation in Zambia is regarded by many, including the World Bank as a
success story. The government of Zambia, through the ZPA, has shown
commitment towards privatisation and embarked on a rigorous privatisation
programme which saw the transfer of 85 percent of the Zambia's economy to
the private sector.
In South Africa, privatisation's pace is slower than expected a nd there has
been a shift of focus from pure privatisation to investment into efficiency of the
state enterprises. There is no consensus from various stakeholders. The
business criticises the government for the slow paced privatisation process,
while organised labour, for fear of job losses, is putting resistance to the
process.
This study concludes by mapping a way forward for African countries. African
countries should continue cautiously with the privatisation process. Proper
regulatory framework should be established and issues like poverty reduction
and long tern development should be addressed as well when drawing
privatisation policies. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die 1990's getuig van 'n beduidende toename in die privatisering van
ondernemings in staatsbesit (State-owned Enterprises - SOEs) in Afrikalande.
In sommige lande, soos Zambië, is privatisering grootliks deur
Internasionale Finansiële Instellings (IFI's) via Gestruktureerde
Aanpassingsprogramme (Structural Adjustment Programmes - SAPs)
gemotiveer. Die dryfkrag in ander lande, soos Suid-Afrika, spruit egter uit die
begeerte om doeltreffendheid in dienslewering te verbeter en om ekonomiese
groei te versterk.
Hierdie ondersoek kyk na die assessering van privatiseringsprosesse in
Afrika, met spesiale verwysing na Suid-Afrika en Zambië. Die beweegredes
vir privatisering word bespreek, sowel as die rol wat IFI's in
privatiseringsprogramme in Afrika speel.
Baie mense en organisasies, insluitend die Wêreldbank, beskou die
privatisering in Zambië as 'n suksesverhaal. Die regering van Zambië, via die
ZPA, het hom tot privatisering verbind, en het 'n streng privatiseringsprogram
aangepak waarvolgens 85 persent van Zambië se ekonomie na die private
sektor oorgedra is.
Die tempo van privatisering in Suid-Afrika is stadiger as wat verwag is, en
daar is 'n klemverskuiwing van suiwer privatisering na 'n belegging in die
doeltreffendheid van staatsondernemings. Daar is geen eenstemmigheid
tussen die verskillende belangegroepe nie. Sakeondernemings kritiseer die
regering vir die stadige privatiseringsproses terwyl georganiseerde arbeid, uit
vrees vir verlore poste, die proses teenstaan.
Hierdie studie sluit af deur 'n pad vorentoe vir Afrika-lande uit te stippel.
Afrika-lande moet versigtig voortgaan met die privatiseringsproses.
Behoorlike regulatoriese raamwerke moet gevestig word, en aangeleenthede
soos armoedeverligting en langtermynontwikkeling moet aandag geniet
wanneer beleid oor privatisering opgestel word.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/70082 |
Date | 12 1900 |
Creators | Moalosi, Dhilah Reswelang |
Contributors | Breytenbach, W., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. Graduate School of Business. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 85 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0017 seconds