Return to search

Skofwerk van getroude vroue as sistemiese ontwrigting of behoud : 'n ekologiese model

Summaries in English and Afrikaans / Text in Afrikaans / Key terms in English and Afrikaans / Verskeie tekortkomings is in die bestaande konseptuele model en kwantitatiewe
navorsingsliteratuur oor skofwerk geidentifiseer. Ontevredenheid met die oorvereenvoudigde
oorsaak-gevolg-verklarings vir getroude vroue se skofwerkervaring het in
die studie gelei tot die ontwikkeling van 'n ekologiese model van vroueskofwerk.
Hierdie nuwe konseptuele model weerspieel 'n altematiewe benadering waar erkenning
gegee word aan die bestaan van meervoudige realiteite wat mense in konsensus deur
taal konstrueer. Die oogmerk met die ekologiese model is om, met inagneming van
vroueskofwerkers se wyer konteks, patrone te ondersoek van hoe die verskillende
beskrywings van getroude vroue se ervaring van skofwerk bymekaar pas. Daarmee kan
'n meer sistemiese begrip verkry word wat die kompleksiteit van menslike interaksie
respekteer. Die ekologiese model van vroueskofwerk is ontwikkel as 'n hulpmiddel vir
die waamemer om ryk, beskrywende ekologiese verhale te kan konstrueer van hoe
getroude vroue se belewing van skofwerk tot sistemiese ontwrigting of behoud kan lei. / Several shortcomings have been identified in the existing conceptual model and
quantitative research literature regarding shiftwork. Dissatisfaction with the
oversimplified cause-effect-explanations for married women's shiftwork experience has
led to the development of an ecological model of women shiftwork in this study. This
new conceptual model reflects an alternative approach where recognition is given to
the existence of multiple realities which are consensually created by people through
language. The aim with the ecological model, by taking into account the broader
context of women shiftworkers, is to search for patterns of how the different
descriptions of women's experience of shiftwork fit together. This offers a more
systemic view that respects the complexity of human interaction. The ecological model
for women shiftwork is developed as an aid to the observer to construct rich,
descriptive ecological stories about how married women's experience of shiftwork can
lead to systemic disruption or conservation. / Psychology / M.A. (Clinical Psychology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17985
Date06 1900
CreatorsDe Waard, Ilonka
ContributorsSnyders, Frederik Jacobus Albertus, 1946-
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
Format1 online resource (xi, 104 leaves)

Page generated in 0.2681 seconds