Return to search

Politieke en administratiewe strukturele desentralisasieverskynsels in plaaslike owerhede in die Kaapse Metropool sedert demokrasie : 'n vergelykende perspektief

Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Since democracy, South Africa underwent significant changes and an encompassing
integration and re-design of the state and society took place structurally, functionally
and value-wise. The type of reform is accompanied with decentralisation or
centralisation of powers and functions. Decentralisation is utilized by governments to
achieve certain goals, and arguments that are normally raised in favour of
decentralisation relate to efficiency of administration, democratisation, social and
economic development, freedom and nation-building.
The study investigates only political and bureaucratic/administrative structural
decentralisation phenomena that appeared in local authorities in the Cape Metropole
since democracy. A comparative perspective is given on phenomena that appeared in
the City of Tygerberg and the City of Cape Town and the decentralisation phenomena
are evaluated in terms of criteria for successful decentralisation.
To be able to give the decentralisation comparative perspective, the study followed a
variety of approaches. Firstly, the nature and extent of decentralisation is investigated.
Secondly, decentralisation under the democratic state in the different spheres of
government is investigated. Thirdly, South African policy which guides decentralisation
initiatives on local government level is investigated. Fourthly, the study focusses on the
two local government organisations the City of Tygerberg and the City of Cape Town to
investigate which political and bureaucratic/administrative structural decentralisation
phenomena appeared, and to which degree the phenomena complied with the values
and requirements for successful decentralisation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Sedert demokrasie het Suid-Afrika aansienlike hervormings ondergaan en het daar 'n
omvattende integrasie en herontwerp van die staat en samelewing struktureel,
funksioneel en waardegewys plaasgevind. Die tipe hervorming gaan gepaard met
desentralisasie of sentralisasie van magte en funksies. Desentralisasie word deur
regerings aangewend om sekere doelwitte te bereik en argumente wat normaalweg ten
gunste van desentralisasie gevoer word, hou verband met doeltreffendheid van
administrasie, demokratisering, sosiale en ekonomiese ontwikkeling, vryheid en
nasiebou.
Die studie ondersoek slegs politieke en burokratiese/administratiewe strukturele
desentralisasie verskynsels wat in plaaslike owerhede in die Kaapse Metropool sedert
demokrasie voorgekom het. 'n Vergelykende perspektief word gegee van
desentralisasie verskynsels wat in die Stad Tygerberg en die Stad Kaapstad voorgekom
het en die desentralisasie verskynsels word geƫvalueer aan die hand van kriteria vir
suksesvolle desentralisasie.
Om die desentralisasie vergelykende perspektief te kon gee, volg die studie verskillende
benaderinge. Eerstens word die aard en omvang van desentralisasie ondersoek.
Tweedens word desentralisasie onder die demokratiese staat in die verskillende vlakke
van regering ondersoek. Derdens word Suid-Afrikaanse beleid bestudeer wat
desentralisasie-inisiatiewe rig op plaaslike regeringsvlak. Vierdens word op die twee
plaaslike owerheidsorganisasies Stad Tygerberg en Stad Kaapstad gefokus om te
ondersoek watter politieke en burokratiese/administratiewe strukturele
desentralisasie verskynsels voorgekom het en in watter mate die verskynsels aan die
waardes en vereistes wat vir suksesvolle desentralisasie gestel word, voldoen.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50061
Date03 1900
CreatorsBurger, Helena Louisa
ContributorsSchwella, E., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. School of Public Leadership.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format101 p. : ill., map
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds