Return to search

Omgewingsvolhoubaarheid met ontwikkeling

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The interaction between people and their natural environment, as well as the manner in
which it occurs, is of a complex nature. The sustainable use of natural resources should
be strived for and our guideline should be sustainable development.
A common phenomenon in low cost housing projects in South Africa is the dependency
on the natural environment and the over-utilization of resources. Numerous poor rural
and urban communities do not have the opportunity to think about this over-utilization, as
their first priority is that of survival. Resource allocation in South Africa reflects a
pattern of uneven distribution. In housing development the less fortunate are placed in
poor ecological areas where the quality of the environment can scarcely maintain the
minimum standard of living. This inequality not only hinders the promotion of a stable
ecological basis, but also prevents nation-wide sustainable development. Due to this, the
connection between poverty and ecology were made an environmental priority. The
importance of integrating the environment and development, to achieve environmental
sustainability, is acknowledged and therefore greater emphasis is placed on sustainable
development.
In this study an attempt is made to determine how natural environmental sustainability
can be ensured with low cost housing development. In the process an evaluation
instrument, consisting of three components, namely the principles of sustainable
I
development; natural environmental indicators for sustainable low cost housing
development; and socio-economic indicators for sustainable low cost housing
development, are designed to try to reconcile the natural environment and development
through the phenomenon of sustainable development.
An extensive literature study of relevant published and unpublished literature was done
and forms the basis of this research study. A research survey, done by the University of
Stellenbosch about the case study of Wesbank, and of which the researcher was part, is
also utilised in this study. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die interaksie tussen mense en hulle natuurlike omgewing, asook die manier waarop dit
geskied, is van 'n komplekse aard. Daar moet gestreef word na die volhoubare benutting
van natuurlike hulpbronne, en ons rigsnoer behoort volhoubare ontwikkeling te wees.
In talle laekostebehuisingontwikkelings in Suid-Afrika is 'n algemeen waarneembare
verskynsel die afhanklikheid op die natuurlike omgewing en die oorbenutting van
hulpbronne. Baie arm landelike en stedelike gemeenskappe het nie die geleentheid om
oor hierdie oorbenutting na te dink nie, aangesien hul eerste prioriteit dié van oorlewing
is. Suid-Afrika se hulpbron-toewysing retklekteer 'n patroon van ongelyke verspreiding.
Die minder bevoorregtes word, in behuisingontwikkeling, in ekologiese swak areas
geplaas waar die kwaliteit van die omgewing skaars die minimum lewensstandaarde kan
volhou. Hierdie ongelykhede bemoeilik nie slegs die bevordering van 'n stabiele
ekologiese basis nie, dit verhoed ook landswye volhoubare ontwikkeling, en daarom is
die verband tussen armoede en ekologie 'n omgewingsprioriteit. Die noodsaaklikheid
daarvan om die omgewing en ontwikkeling te integreer, om omgewingsvolhoubaarheid te
verkry, word erken en groter klem word op volhoubare ontwikkeling gelê.
In hierdie studie gaan gepoog word om te bepaal hoe natuurlike
omgewingsvolhoubaarheid tydens laekostebehuisingontwikkeling verseker kan word. In
die proses gaan 'n beoordelingsinstrument bestaande uit drie komponente, naamlik: die
beginsels van volhoubare ontwikkeling; natuurlike omgewingsindikatore vir volhoubare
laekostebehuisingontwikkeling; en sosio-ekonomiese indikatore vir volhoubare laekostebehuisingontwikkeling,
ontwerp word om sodoende te probeer om die natuurlike
omgewing en ontwikkeling te versoen deur die verskynsel van volhoubare ontwikkeling.
'n Ekstensiewe literatuurstudie van relevante gepubliseerde en ongepubliseerde literatuur
is gedoen en maak die basis van die navorsingstudie uit. Daar word ook gebruik gemaak
van 'n navorsingsopname, gedoen deur die Universiteit van Stellenbosch oor die
gevalstudie van Wesbank, waarvan die navorser deel was.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53536
Date03 1900
CreatorsBosch, Johannes Hermanus
ContributorsMuller, J. J., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences . Dept. of Sustainable Development Planning & Management .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format96 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0118 seconds