Return to search

Investing in a low inflation environment

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2007. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In Februarie 2000 het die Minister van Finansies aangekondig dat die regering besluit
het om 'n inflasie teiken van 3 tot 6 persent vir 2002 daar te stel en het dus 'n beleid om
'n bepaalde inflasiekoers na te streef, aangeneem. 'n Eksplisiete lae inflasiekoersteiken
is gestel as deel van die regering se ekonomiese beleid. Dit is 'n aanvaarde
aanname dat hierdie teikenkoers vir die afsienbare toekoms sal geld.
Veranderinge in die inflasiekoers, ongeag of dit na hoer of laer vlakke beweeg, het 'n
invloed op hoe bateklasse reageer. Dit is dus belangrik dat beleggers die dinamika van
inflasie verstaan en hoe dit beleggingsopbrengste bernvloed. Dit sal hulle help om
deurdagte beleggingsbesluite te neem en om realistiese verwagtinge van be leggings -
en polisopbrengste te he.
Vir verskaffers van beleggingsprodukte in Suid-Afrika, veral die
lewensversekeringsindustrie, is daar twee beduidende uitdagings in die huidige
omgewing van lae rentekoerse en lae inflasie: om 'n winsgewende kontantvloei te
genereer en om aan kliente se verwagtinge te valdoen. Volgens kliente is daar in die
onlangse verlede nie aan hul verwagtinge valdoen nie, aangesien il1lustratiewe
uitkeerwaardes wat gekwoteer is toe die polis uitgeneem is, nie geldig is in die huidige
lae-inflasie omgewing nie. Kliente is ook teleurgesteld met huidige nomina Ie
opbrengste wat laer is wat voorheen bereik is.
Alhoewe[ dit algemeen aanvaar word dat 'n lae en stabiele inflasiekoers 'n voorvereiste
is vir volhoubare ekonomiese groei en vooruitgang. verander dit die
beleggingsomgewing vir private beleggers, verskaffers van beleggingsprodukte en
beheerliggame.
Hierdie verslag ondersoek die impak van lae inflasie op beleggingsopbrengste asook
die implikasie daarvan vir beleggers, beleggingsproduk-verskaffers en beheerliggame in
die finansiele dienstesektor in Suid-Afrika.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/21387
Date03 1900
CreatorsVan Niekerk, Elsa
ContributorsRoux, Andre, Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0019 seconds