Return to search

Die behoefte van verbruikers na kleinhandelsafsetpunte in die Soshanguve-gebied

Text in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English / Suid-Afrika het ongekende verstedeliking ervaar en agtergeblewe
verbruikers het hulle in gebiede in en om stede gevestig. Steeds
toenemende verstedeliking veroorsaak enersyds probleme aangesien
basiese infrastruktuurvoorsiening (elektrisiteit, water, en
riool) ontbreek. Andersyds laat die afwesigheid van formele
kleinhandelsfasiliteite in die agtergeblewe gebiede die vraag
ontstaan wat hierdie verbruikers se behoefte aan afsetpunte
behels.
'n Ewekansige-waarskynlikheidsnavorsingstudie met 'n steekproef
van 300 huishoudings, 'n vraelys, en persoonlike onderhoude is
onderneem om die agtergeblewe verbruikers in die Soshanguve gebied
se behoeftes na kleinhandelsafsetpunte te bepaal. Die bevinding is dat die meeste verbruikers buite hul woongebied
werksaam is, 'n gemiddelde inkomste van tot R2 000 per maand
verdien, en dat taxi's die hoofvervoermiddel is. Kleinhandelsaankope
word hoofsaaklik in Pretoria en Mabopane gedoen. Daar
bestaan wel 'n behoefte na formele kleinhandelsafsetpunte, veral
vir bederfbare produkte en kruideniersware soos voorsien deur
bekende kleinhandelsintellings soos die OK Bazaars.
Die ondersoek bevestig dat Soshanguve kleinhandelsbeleggingsgeleenthede
bied vir verskeie kleinhandelsfasiliteite. / South-Africa experienced unknown urbanisation and disadvantaged
consumers flocked to the cities. Continuous urbanisation causes
infrastructural problems such as a lack of electricity, water,
and sewerage facilities. The absence of formal retail outlets
in these areas poses the question what retailing needs these
consumers do have.
A simple random probability research study with a sample of 300
households, a questionnaire, and personal interviews was used to
determine the disadvantaged consumers' needs for retail outlets
in the Soshanguve area. The results indicate that most consumers work outside Soshanguve,
earn an average of up to R2 000 per month, and use taxi's as a
means of transportation. Retail purchases are made in Pretoria
and Mabopane. There is a definite need for formal retail
outlets, especially for perishables and groceries as provided by
retailers such as OK Bazaars.
The research confirms that there are retail investment
opportunities in Soshanguve for the establishment of various
retail facilities. / Business Management / M. Comm. (Business Management)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/15805
Date11 1900
CreatorsPotgieter, Marius
ContributorsStrydom, J. W. (Johan Wilhelm), 1952-, Martins, J. H.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xv, 375 leaves)

Page generated in 0.0029 seconds