Return to search

Die begrafnisritueel in Eersterust se geloofsgemeenskap

Text in Afrikaans / As 'n gemeenskap is Eersterust 'n skepping van apartheid. Voor die Groepsgebiedewet (1950)
het alle rassegroepe in Pretoria vermeng gewoon. Dit sou lei tot ondertrouery en
kultuurvermenging - iets wat die geloofsgemeenskap van Eersterust se begrafnisritueel
weerspieel. Die begrafnisritueel het nie in Eersterust ontstaan nie, maar is daar uitgebou - soos
die toevoeging van die troosmaal na die begrafnis. Wat by 'n afsterwe in Eersterust opval, is
die geweldige kollektiewe gemeenskapsbetrokkenheid vanaf afsterwe tot met die troosmaal.
Daarna kom dit abrup tot 'n einde. Die fokus van die studie is drieledig. Eerstens word gekyk
na die ontstaan van die begrafnisritueel. Daarna kom twee vrae aan die orde: Wat is die
betekenis van die begrafnisritueel vir die geloofsgemeenskap? Watter invloed het die ritueel op
treurendes binne die geloofsgemeenskap wat doodsverlies moet verwerk?
Die eerste vraag weerspieel 'n gemeenskap se trots op wat binne 'n gegewe historiese en sos10-
politieke situasie vermag kan word. Binne hul verhaal van swaarkry le die spore van 'n
alternatiewe gemeenskapsverhaal met 'n sterk eskatologiese duiding. Die tweede vraag wek
ambivalente gevoelens. Sommige medenavorsers voel die hulp aan die treurendes is hopeloos
te min. Ander getuig weer van bystand aan treurendes na 'n afsterwe. Oor een aspek is daar
eenstemmigheid: Die geloofsgemeenskap sal maniere moet vind om die bestaande pastorale
sorg aan die treurendes nog beter te doen.
Die sleutelkonsepte van die studie - soos uiteengesit in hoofstuk 2 - val in drie dele uiteen. Daar
is begrippe eie aan die gekose epistemologie; begrippe eie aan die navorsingsonderwerp; asook
eiesoortige taal- en woordgebruik. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M. Th. (Practical Theology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16705
Date01 1900
CreatorsDu Preez, Johannes Lodewickes Christoffel
ContributorsRoux, J. P. (Johannes Petrus), Hestenes, Mark Erling, 1949-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
FormatSouth Africa) -- Race relations.", 1 online resource

Page generated in 0.0022 seconds