Return to search

An evaluation of the green scheme programme : a case of the Kalimbeza rice project

Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Approximately three out of four people in developing countries such as Namibia live in rural
areas. The majority of these rural poor’s livelihoods depend directly or indirectly on agriculture.
Therefore, there is an urgent need to design agricultural programmes that focus on rural
communities in order to reduce incidences of poverty. Although the Namibian Government
invests in the agricultural sector, hunger for both humans and animals were evident in 2012. The
starvation situation was worsened by high food prices, compounded with a high unemployment
rate that meant the majority of the population could not afford to pay for food. Evidence shows
that Namibia is a net food importer; meaning that less local food production is taking place.
Therefore, the government is trying to reverse the situation of relying on imported food, by
enhancing local production, and one of the ways of achieving this goal is through the Green
Scheme Programme.
The research problem of this study is defined as follows: “An evaluation of the Green Scheme
Programme: A case of the Kalimbeza Rice Project”. The study commences by exploring the literature on the role of the state in improving the socioeconomic
status of its citizens. Many developing countries have weak private sectors; therefore,
governments remain with the responsibility to spearhead development. With unrestrained
unemployment, poverty and inequality, state-led development is the solution in uplifting the
socio-economic status of people, especially the rural poor. Since the rural poor depend on
agriculture for their livelihoods, it is necessary for Government to devise Sustainable Livelihood
programmes in the sector, which many people rely upon for survival. Reducing incidences of
rural poverty calls for Sustainable Livelihood programmes that the Namibian Government came
up with, such as the approximately N$ 1.2 billion per annum Green Scheme Programme. This is
an irrigation programme that aims at increasing agricultural production, contribute to the Gross
Domestic Product, promote food security, create jobs and promote skills development. The study
sought to establish whether the Green Scheme Programme is effective in achieving its intended,
and at times, unintended goals. The Kalimbeza Rice Project, under the Green Scheme
Programme was chosen as a case study. Evidence from the study shows that employment creation took place, because many locals have
secured temporary jobs at the farm, and the salaries earned have had a positive impacts on their
lives. Food security has not been fully achieved, as only about 25 per cent of the total farm area
is cultivated yearly. Finally, the study suggests that there is an urgent need for the Green Scheme
Programme and all its projects to speed operations in order to achieve the country’s Vision 2030. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Ongeveer drie uit elke vier mense in ʼn ontwikkelende land soos Namibië is woonagtig in
landelike gebiede. Die meerderheid van landelike armes se inkomste is direk of indirek afhanklik
van lanbou aktiwiteite. Dus, is daar ʼn dringende behoefte aan lanbou ontwikkelingsprogramme
wat spesifiek fokus op landelike gemeenskappe om sodoende die voorkoms van armoede te
verminder. Alhoewel die Namibiese regering belê in die lanbousektor, was lae vlakke van
voedselsekuriteit vir beide mens en dier nogsteeds sigbaar in 2012. Die kroniese hongerte
situasie in Namibië word grotendeels verger deur hoë voedselpryse. ʼn Hoë werkloosheidsyfer
dra ook daartoe by dat die meerderheid armes nie voedsel kan bekostig nie. Navorsing toon dat
Namibië ʼn netto invoerder is van kos. Dit beteken dat Namibië minder plaaslik voedsel
produseer. Gevolglik, probeer die Namibiese regering die afhanklikheid op ingevoerde voedsel
verminder deur die verbetering van plaaslike produksie vermoëns. Een van die maniere wat hulle
gebruik om dit te bewerkstellig is deur die regering se Green Scheme Program.
Die navorsingsprobleem van dié studie word as volg gedefinieer: ʼn Evaluering van die Green
Scheme Program: Die Kalimbeza Rice Project as gevallestudie. Die vertrekpunt van dié studie begin deur die verkenning van literatuur wat spesifiek handel oor
die rol van die staat in die verbetering van die sosio-ekonomiese status van sy burgers. Baie
ontwikkelende lande het swak of klein privaat sektore, dus bly regerings verantwoordelik om
ontwikkeling moontlik te maak. Ongebreidelde werkloosheid, armoede en ongelykheid noodsaak
staat geleide ontwikkeling as die enigste oplossing vir die opheffing van die sosio-ekonomiese
status van mense, veral landelike armes. Die feit dat landelike armes grotendeels afhanklik is van
landbou vir inkomstes en oorlewing, is dit nodig vir die regering om ʼn Volhoubare
Lewensbestaan Program te ontwikkel in die sektor, waarop baie mense aangewese is vir
oorlewing. Die vermindering van voorvalle van landelike armoede kan toegeskryf word aan die
Volhoubare Lewensbestaan Program wat deur die Namibiese regering geïmplementeer word,
soos die ongeveer N$ 1.2 biljoen per jaar Green Scheme Program. Dit is ʼn besproeiingstelsel
program wat verhoogde lanbouproduksie ten doel het, as ook bydra tot die Bruto Binnelandse
Produk, bevordering van voedselsekuriteit, werkskepping en die bevordering van
vaardigheidsontwikkeling. Dié studie sal poog om vas te stel of die Green Scheme Program effektief is in die bereiking van beoogde doelwitte, en by tye, die bereiking van onvoorsiene
doelwitte. Die Kalimbeza Rice Project, as deel van die Green Scheme Program, sal dien as n
gevallestudie.
Getuienis van die studie toon dat werkskepping wel plaasgevind het, omdat baie plaaslike
inwoners tydelik in diens geneem is op die plaas, en die salarisse ontvang het alreeds ʼn positiewe
effek gehad op hul lewens. Voedsel sekuriteit is nog nie ten volle verwesenlik nie, omdat slegs
25% van die totale plaas oppervlakte onder verbouing is. Gevolglik, dui die studie daarop dat
daar ʼn onmiddelike behoefte bestaan vir die Green Scheme Program en al sy onderskeie projekte
om sodoende pogings te versnel in die bereiking van die land se Visie 2030.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/95985
Date12 1900
CreatorsSubasubani, Joseph Kamwi
ContributorsPillay, Pregala, Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Leadership.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxii, 94 p. : col. ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0352 seconds