Return to search

Uitbeelding van apartheid in Engelse Suid-Afrikaanse jeugliteratuur

Summaries in Afrikaans and English / Apartheid het die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners se lewens onherroeplik beinvloed. Dit is
daarom te verstane dat dit in die Suid-Afrikaanse literatuur, insluitende die Engelse Suid-Afiikaanse
jeugliteratuur, neerslag gevind het.
Ten einde die studie in konteks te plaas, word in die eerste drie hoofstukke 'n historiese oorsig van
die apartheidsera, Engelse Suid-Afrikaanse volwasse literatuur, en Engelse Suid-Afrikaanse kinderen
jeugliteratuur, gegee. Die hoofgedeelte van die studie word vervolgens bespreek, en is in die
volgende drie hoofstukke verdeel:
• Die uitbeelding van sosio-ekonomiese toestande gedurende die apartheidsera, soos
byvoorbeeld van afsonderlike woongebiede en aparte openbare geriewe.
• Die uitbeelding van die onderwystoestande, veral van die Bantoe-onderwysbeleid.
• Die uitbeelding van die veiligheidsmagte (polisie en weermag), insluitende die beeld van
hierdie magte in die bree gemeenskap.
Ten slotte word verskillende ooreenkomste wat na vore gekom bet in die bestudeerde Engelse
Suid-Afrikaanse jeugromans waarin apartheid uitgebeeld word, bespreek. Daar word ook gekyk na
die waarde van hierdie jeugromans. / Apartheid had a irrevocably influence on the lives of the majority of people in South Africa.
Therefore it is understandable that it would be portrayed in South African literature, including the
English South African youth literature.
To put the subject in context, the first three chapters ofthe thesis deal with a historical overview of
the apartheidera; South African English adult literature; and South African English children's
literature. The main part of the thesis has been divided as follows:
• The portrayal of socio-economic conditions, e.g. separate residential areas and public
amenities.
• The portrayal of the education situation, especially the Black Education policy.
• The portrayal of the security forces (police and army), including the images of these forces
in the broader community.
To conclude the thesis, similarities in the youth novels portraying apartheid are discussed. The value
of these youth novels is also looked into. / Information Science / M. Inf.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16878
Date11 1900
CreatorsGreyling, Isa Jakoba
ContributorsVan der Walt, Thomas, 1957-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xi, 226 leaves)

Page generated in 0.0022 seconds