Return to search

Die verband tussen die kundigheid van finansiële komitees en die aanwending van skoolfonds in Suid-Afrikaanse openbare skole (Afrikaans)

AFRIKAANS : Artikel 30 (1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996) bepaal dat skoolbeheerliggame van openbare skole die reg het om finansiële komitees in die lewe te roep wat die daaglikse bestuur van finansies in hul skole behartig. Individue wat dien op finansiële komitees van skoolbeheerliggame moet waarskynlik finansieël kundig wees om skoolfonds korrek te kan bestuur. Hierdie studie is uitgevoer met die doel om die volgende vrae te beantwoord: hoe bevoeg is finansiële komitees ten opsigte van finansiële vaardighede; op watter kennis steun finansiële komitees in hul finansiële besluitneming; en watter verband is daar tussen die skole se finansiële posisie en die finansiële kennis / opleiding van die finansiële komitees? Ten einde bogenoemde vrae te beantwoord het ek gebruik gemaak van ’n kombinasie van kwantitatiewe- en kwalitatiewe navorsingsmetodes om data te verkwantifiseer en te vergelyk, sowel as om kwalitatiewe interpretasies te maak. ’n Semi-gestruktureerde vraelys is vir hierdie doel ontwerp en versprei onder die respondente van 20 openbare skole in die Ekurhuleni–Noord Distrik ( Gauteng). ENGLISH : Section 30 (1) of the South African Schools Act (Act 84 of 1996) state that School Governing Body of a public school do have the right to establish a Finance Committee to assist the school in managing it’s finances on a daily basis. It is surely recommended that individuals serving on these committees must have some form of financial knowledge or background. This study was conducted in order to get answers to the following questions: how equipped are Finance Committees with regard to financial skills; on what type of knowledge do Finance Committee members rely in their decision making; is there a connection between the financial state of the school and the financial knowledge / training of the Finance Committee? A semi-structured questionnaire was designed to gather quantitative and qualitative data from 20 public schools in the Ekurhuleni North District (Gauteng) in this regard. Copyright / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2009. / Education Management and Policy Studies / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/26491
Date21 July 2009
CreatorsBotha, Werner
ContributorsMr J W van Rooyen, anelieb@hotmail.com
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 2009, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.003 seconds