Return to search

Rol van die maatskaplike werk professie in die hantering van slagoffers van xenofobie / The role of the social work profession regarding assistance to victims of xenophobia

Afrikaans text / Die doel van hierdie studie is om die rol van die maatskaplike werk professie in die
hantering van slagoffers van xenofobie te verken en te beskryf, ten einde aanbevelings
te maak aan maatskaplike werkers. Die deelnemers was praktiserende maatskaplike
werkers in die Kaapse Wynland Overberg Distrik wat gesinsorgdienste lewer. Die
kwalitatiewe navorsingsbenadering, tesame met die fenomenologiese, kontekstuele,
verkennende en beskrywende navorsingsontwerpe was benut. Data is binne die
raamwerk van Tesch se stappe vir kwalitatiewe data-analise geanaliseer. Guba se
model vir data verifikasie is benut om die geldigheid van die studie te verseker. Die
navorsingsbevindinge het die navorser in staat gestel om aanbevelings aan
maatskaplike werkers te maak in terme van die oorsake van xenofobie, die rol van die
maatskaplike werk professie rakende dienste aan slagoffers van xenofobie, tipe
maatskaplike dienste wat aan slagoffers van xenofobie gelewer moet word en
hulpbronne wat benodig word vir effektiewe dienslewering. / The goal of this study is to explore and describe the role of the social work profession
regarding interventions aimed at victims of xenophobia in order to make
recommendations to social workers. Participants were practicing social workers in the
Cape Wineland Overberg District who provided family services. The qualitative research
approach, together with the phenomenological, contextual, explorative and descriptive
research designs, was implemented. Data was analysed within the framework of
Tesch’s steps for qualitative data analysis. Guba’s model for data verification was used
to ensure the validity of the data. The research findings assisted the researcher to make
recommendations to social workers in terms of the causes of xenophobia, the role of the
social work profession regarding services to victims of xenophobia, the type of services
that should be rendered to these victims and resources needed for effective service
delivery. / Social Work / M.A. (SW)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/11866
Date02 1900
CreatorsKleintjes, Lindy Nadine
ContributorsVan der Westhuizen, Marichen Ann
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (152 leaves)
RightsUniversity of South Africa

Page generated in 0.0021 seconds